Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Tulbagh is 'n pragtige dorp wat ek en my man al op verskeie geleenthede besoek het. Wat dit nog 'n beter maak is die feit dat ons hondjie altyd vriendelik ontvang word deur dorpenaars en daar is verskeie restaurante en wynplase wat ons klein baba, 'n Yorkie, met ope arms ontvang."
"Hou al vir 26 jaar in die Strand vakansie. Dit is beslis ons tweede tuiste, gerieflik naby heerlike strand, winkels en Kaapstad. So baie verskillende dinge om te doen en sien."
"Die dorpie self is nie baie aanloklik nie, maar die ligging rondom is fantasties en alles is naby genoeg om vinnig te bereik."
"Die strand is lieflik en as die weer dit toelaat, kan mens heerlik lang ente gaan stap. Dis nie te ver van Somerset Mall nie en parkering daar is voldoende. Die mall bied 'n verskeidenheid winkels en restaurante asook onderdakparkering."
"Pragtige strande en baie mooi area, sal beslis weer daar wil kom vakansie hou."
"Iemand het ons aanbeveel om heerlike druiwesap by De Wet Kelders net buite Worcester te koop, en dit is regtig heerlik."