Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Behalwe vir die wynroetes, bied Stellenbosch baie oulike straatkafees met heerlike kos, vriendelike diens en interessante dekor. Die Route 44-mark oor naweke op die Somerset-Wes-pad is heerlik! Daar is baie stalletjies met iets van alles: klere, leerprodukte, boeke, heerlike kos en baie sitplek om te eet en te kuier. Hoewel Stellenbosch baie warm is tydens Desember en Januarie, bied die heerlike kuierplekke en wynplase koele lafenis. Boschendal op die Franschhoek-pad, De Grande Provence, Le Petite Ferme en Lormarin's (met die ongelooflike motormuseum) in Franschhoek is almal 'n moet om te besoek. Kyk ook uit vir die winkel Masquerade in Franschhoek, alle vrouens gaan uit'freak' hieroor!"
"Was die regte tyd vir 'n besoek. Dit was minder besig, want die Kerstyd en oor Nuwejaar is net te besig (vorige jaar se ondervinding)!"
"Meer beligting veral vir snags wanneer gesin laataande op strand wil loop as gevolg van hitte."
"Daar is soveel om te doen en te sien in die Paarl en die omliggende omgewing. Die Paarl is 'n skatkis."
"Great little place with heart and soul, I will definitely be back! Kind locals who are proud of their town and always happy to share their knowledge. A nice mix of stores and places to eat and drink. And beautiful scenery all around. "
"Stellenbosch is 'n ou familie-gunsteling weens die heerlike atmosfeer in die dorp, vriendelike mense van kelners tot kunsgalerye, heerlike eetplekke en pragtige geboue en natuurskoon. In die onmiddellike omgewing is daar net so baie om te sien en doen, mens kan weke daar deurbring met vakansie."
"Van die beste restourante in die wêreld. Ons het vir die week by die universiteit se gimnasium aangesluit vir R200 en heerlik geoefen."
"Stellenbosch bly maar 'n mooi dorp in Suid-Afrika, en die rustigheid van die wynplase is beslis iets wat 'n mens 'n paar maal in jou lewe moet beleef."
"Lieflike dorpie met baie oulike winkeltjies en eetplekke. Die koffiewinkeltjie is beslis die besoek werd! "
"Stellenbosch is truly a beautiful place, the wine estates and the beautiful flowers make it so scenic and beautiful."
"Ons was baie beïndruk met die algehele skoonheid. Wonderlike restaurante in Riebeek-Kasteel. "
"Pragtige dorpie met museums wat goed onderhou word en gesellige restaurantjies."
"Ongelukkig het ons by die strand gesien hoe mense gearresteer word vir perlemoen stropery. Daardie nag was daar ook 'n inwoner in die woonstelblok geroof. Dit was so bietjie onstellend. Andersins was die strand pragtig, dalk nie genoeg goeie restaurante nie. Die een restaurant wat oor die see is, was baie teleurstellend. "
"Dit is 'n heerlike vakansieplek. Kusweg is net baie smal en kan binne seisoen nie die groot aantal besoekers hanteer nie. Parkering voor besighede is net onredelik duur."
"A charming town less than an hour away from Cape Town! Friendly locals and delicious food. So many restaurants to choose from! Thoroughly enjoyed our visit in Riebeek-Kasteel. "