Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"As ek kon, sou ek net daar gebly het. Wonderlike plekkie met die vriendelikste mense!"
"Het is niet groot maar heeft prachtige old Dutch houses. Het is er gezellig en het is omringd door 3 bergen, wat dan ook veel mogelijkheden biedt voor wandelingen."
"Pragtig dorp in baie mooi omgewing. Lekker om 'n skoenfabriek met vriendelike diens raak te loop en koop."
"The things I love restuarant is 'n moet om te gaan eet, baie vriendelike personeel en maak 'n draai in Kerkstraat, baie winkeltjies om in te loer."
"Fantastiese omgewing . Sal weer besoek. Die keer met baie meer tyd op hande as net 'n langnaweek."
"Baie oulike dorp met interessante museums oor veral die aardbewing van Serptember 1969. Kerkstraat met sy gerestoureerde historiese geboue baie interessant om te besigtig."
"Riebeek-Wes en Riebeek Kasteel is so na aan mekaar, dat hulle as 'n geheel gesien kan word. Aangesien dit 'n destinasiebestemming is waar vele troues plaasvind, is daar baie fasiliteite en besondere winkels wat andersins nie 'n bestaan sou kon maak nie. Ek het dus veel meer gekry as wat ek my voorgestel het. "
"Klapmuts is ideaal geleë vir verblyf as middelpunt om elke dag interessante plekke te besoek en te verken soos Paarl, Franschoek en Stellenbosch. Babylonstoren is 'n klipgooi van Bona Vista en 'n absolute moet om te besoek. "
"Beautiful town just an hour out of Cape Town. So much to see and do. Great restaurants, awesome and you need to visit Garagista brewery, exceptional beer!"
"Rustige woonbuurt. 'n Bietjie ver om te stap na die middedorp toe, maar vir bergfietsryers is dit ideaal want daar is baie bergfietsroetes."
"Pragtige area wat nie genoeg erkenning kry nie. Maar daarin lê die skoonheid dalk. "
"Ons ken Worcester en omgewing. Vir ons altyd lekker om daar verby te ry en iets te geniet."
"Maandae is 'n mislike dag vir plaaslike mense. Alle besienswaardigehede is toe, baie wynplase ook. Net buitelanders geniet die winkels en die is gans te duur vir diegene wat in SA woon."
"Dit is ongelooflik mooi en jy ervaar 'n wonderlike stilte. Die afstand pla my nie, maar ek dink dit mag vir sommige besoekers 'n entjie uit die dorp se sentrale gebied wees."
"As jy behoefte het aan "ou-wêreldse" sjarme en wegbreek in die rustigheid van plaasatmosfeer is Hermon die ideale plekkie."
"Uit die dorp se gewoel, naby eetplekke en heerlik stil."