Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5716 resensies.
"As jy van goeie wyn en olyfprodukte hou, is dit 'n baie goeie plek! Baie te sien en doen in omliggende plekke soos Darling .Toffiefabriek, kaasfabriek, bierbrouery en wynkelder. Heerlike eetplekkies. "
"Die rustigheid en oorspronklikheid, asook vriendelikheid van die mense in die Vallei, staan uit. Die verskeidenheid eetplekke is ook 'n pluspunt. Sal weer gaan."
"Daar is genoeg om jou vir twee tot drie dae besig te hou. Maar indien jy beplan om langer te bly moet jy maar bereid wees om na ander dorpe ook te ry."
"Baie bedrywig met toeriste. Dis blykbaar waarvan hulle hou, maar nie ek nie!"
"Dit was mooi om die aand in die strate te loop. Ongelukkig kon ek na-ure nie 'n "kafee" vind om iets te koop nie."
"Strand is die mooiste bestemming. Mens kan op die strand gaan stap en ook die mooi landskap bewonder."
"Riebeek-Kasteel is bietjie van 'n geheim. Mooie plek (ek raak regtig liries daaroor) en ook sentraal geleë om plekke naby te besoek."
"Ons gaan net weer en weer, want dit het alles vir 'n moeë liggaam en gees. 'n Woolies sal gaaf wees."
"Ons was Maandagoggend so teen 10 uur in Tulbagh. Die Toerismekantoor was gesluit, so ons kon geen inligting kry oor Tulbagh nie. Ons het ook nie 'n plek gekry waar ons ontbyt kon eet nie."