Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 5716 reviews.
"Franschhoek wine route offers many diverse wineries to discover; from Solms Delta (my favourite), Boschendal to gastronomic experiences galore! The beauty of nature combined with the friendly and helpful people made the visit a memorable experience."
"Wellington is nie regtig gespits op toeriste nie - meeste van hul wynplase maak vroeg toe op 'n Saterdag en is Sondae toe. Dit was nie 'n reuse probleem nie aangesien Paarl, Tulbagh en Riebeek-Kasteel heel naby was, maar die Wellington-wyne was so lekker dat ons spyt was ons kon nie meer ervaar nie. Wat wel vir ons baie lekker was, is dat juis omdat dit nie so kommersieel is nie en ons baie persoonlike aandag by die kelders gekry het, soms vanaf die eienaars en/of wynmakers self. Ons het heerlik geëet by Gecko Lounge in die dorp. Ek glo ons sal Wellington weer besoek."
"Parkering 'n nagmerrie! Uitstaande restaurante en wye verskeidenheid van smake en geure! Wonderlike toerisme ervaring!"
"Dit is 'n lieflike stil en ontspannende see-dorp. Baie skoon en 'n heerlike wegbreek vir werk en/of plesier."
"Die Strand is een van my gunsteling bestemmings in die Wes-Kaap. Ons sal graag in daardie omgewing wil gaan aftree oor 'n paar jaar."
"Baie goeie ligging vir besoeke aan wynplase en Kaapstad. Sal weer in die Strand tuisgaan."
" Hermon omgewing is sentraal geleë, as jy die volgende plekke in 'n kort tydjie wil bereik: Malmesbury, Tulbagh, Riebeek-Kasteel, Riebeek-Wes en Wellington."
"The area is very quiet and safe and completely stunning. I would recommend it to anyone."
"Meeste mense is bewus daarvan dat dit 'n dorp met uiterste temperature is en aanvaar dat die toeristebestemmings daarvoor ingerig is. Olive Terrace waar ek aandete geniet het was heerlik."
"Die Paarl is 'n heerlike bestemming om wynplase in die omgewing te besoek, sonder al die baie besoekers wat ander soortgelyke dorpe het."
"Rustige area, naby aan alles, maar ver genoeg weg dat daar nie geraas en baie verkeer in die woongebied is nie."
"Stil, veilige woonbuurt naby die Spar Sentrum wat alles kan voorsien wat jy benodig. Net bietjie te ver uit die sentrale dorpskern, so jy kan nie stap nie - moet motor gebruik en parkering in Stellenbosch bly mos maar 'n kopseer."