Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5716 resensies.
"Great restaurants, great view and just absolutely beautiful."
"Franschhoek is definitief 'n toeristebestemming in my mening. Wens ons het meer tyd gehad om daar te spandeer. Die ou geboue wat so mooi opgepas word met die mooi tuine was regtig vir my 'n plesier om te sien. Die Franschhoek Wine Tram is ook 'n moet. Ons het dit baie geniet en die diens was uitstekend."
"Ek ken die Paarl redelik goed, maar nie my gesin nie. Ons sal beslis weer kom. Ek wil hulle nog die Taalmonument ook gaan wys! My man wil ook weer gaan. Alhoewel ons familie het daar, wil ons graag by ons eie plekkie oornag."
"Ons het verlief geraak op Stellenbosch. Dit het al ons verwagtinge oortref. Die atmosfeer; kwaliteitrestaurante, koffiewinkels, snuisterywinkels en inwoners van Stellenbosch is fantasties. Alles wat jy nodig het om te sien is net 30 tot 40 minute se ry uit Stellenbosch uit. Die beste ankerpunt om jou vakansie volmaak te begin en af te sluit. Dit sal julle seker nie verbaas dat ons uitkyk vir eiendom op ons oudag in Stellenbosch nie."
"Dit is 'n karaktervolle dorp vol geskiedenis en en die besonderse, skoon omgewing en vriendelike inwoners help om jou te laat voel dat 'n Franschoek-besoek die moeite en uitgawe werd maak. 'n Besoek aan die Hugenote Museum is 'n moet. Eetplekke verskil in prysvlakke wat dit vir alle sakke 'n ete in karaktervolle eetplekke moontlik maak."
"Pragtige, netjiese en skoon dorp geleë tussen lieflike berge. Meer as genoeg restaurante om van te kies."
"Was daar vir 'n bruilof en het dus nie baie beweeg. Baie dinge om te ervaar en kan n besoek aanbeveel. Ongelukkig was die Het Vlock Kasteel gesluit vir een of ander rede wat n besoek werd sou wees!"
"Een van die mooiste dorpe in die Kaap, pragtige and rustige tuiste om te kuier."
"Ons het Ceres gekies omdat dit baby die dorp was waar ons die volgende dag moes wees. Dus het ons ongelukkig nie die area verken nie."
"Stellenbosch is a beautiful town with many restaurants and coffee shops to enjoy."
"Vir mediese doeleindes is Rawsonville nie voldoende nie. Daar is nie 'n apteek in die dorp nie."
"If you not into wine farms and possibly hiking, there is not much to do. The scenery is great. Fairly central if you want to tour surrounding areas. Wish the Bainskloof Pass was open as that would make for a great trip to or from Tulbagh."