Geverifieerde Resensie
Border Area
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Border Area bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 959 resensies.
Gxarha (Morganbaai), Grens Area
The Sullies"As jy rustigheid en kalmte soek is Morgensbaai die regte plek."
"I would recommend Glengariff was a travel destination very highly for families and people who love nature and want a relaxed, beach holiday."
"Die paai is baie sleg. Winkels kan miskien oor Kerstyd en Nuwejaar oopmaak en/of langer oop bly."
"Dit was die eerste keer wat ek Nahoon besoek het en ek was beïndruk met die ligging. Ons het verskeie plekke besoek tydens ons vakansie daar en al ons bestemmings was binne 10 min. se ry van ons af. Die strand is lieflik en maatreëls word streng toegepas. Wat 'n fees om Nuwejaarsdag daar te kon spandeer sonder enige moeilikheidmakers of besope vakansiegangers. Dit is daarom ideaal vir gesinne."
"Die dorp se strate is skoon. Die strand is skoon, maar iets moet gedoen word oor die gebreekte glas en bottels op die rotse!"
"Die omgewing is baie stil, rustig en baie skoon en netjies! Ek dink te veel toeriste gaan die plek se skoonheid skend!"
"Ongerepte omgewing waar mens heeltemal wegkom van die moderne lewe. Stil en afgeleë."
"Gonubie lyk na 'n baie aangename plek waar 'n mens jou skoene kan uitskop en ontspan. Dis 'n skoon dorp met goeie restaurante en fasiliteite, regtig 'n aangename verrassing!"