Verified Reviews
Britannia Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Britannia Bay
Rated 4.4 out of 5 based on 127 reviews.
"Lovely little place with restaurants close by. Nice beach. If you want peace and tranquillity and to relax, then that's the place to be and to enjoy."
"Ons het dit terdeë geniet. View is verskriklik mooi. Winkels net bietjie ver. Pragtige plekkie vir wegbreek as jy rustigheid soek."
"Die weer het naweek weg onaangenaam gemaak, nie n probleem wat opgelos kan word nie. Restaurante in area is baie minimaal en ook geen aktiwiteite. Ons moes elke dag iewers ry. "
"Dit is 'n ontsaglike lekker kusdorpie om in te kuier en so rustig so dis die perfekte plekkie om heen te gaan as wil ontspan."
"Net vir mense wat ver weg wil wees van alles. Gebrek aan restaurante/winkels in onmiddellike omgewing is teleurstellend."
"There is a need for a public swimming pool or a heated one in the vicinity of the beaches for kids to swim because the sea water is most of the time cold in this area. Britannia Bay is an excellent holiday destination. "
"Ek en my dogters het die dorpie besigtig. Ons was ook by 'n paar besighede aan. Al die mense was vriendelik en ons is oral met 'n glimlag bedien. Ons was ook Saterdagaand by PJ's Pub en Grill. Daar was ons ook soos welkome gaste ontvang. Baie dankie vir die vriendelike diens wat ons daar ontvang het. Ek sal jul beslis aanbeveel by vriende en kollegas. Ek sal die plekkie aanbeveel vir enige moeder wat 'n bietjie alleentyd met haar dogters wil hê. Nuwe respek en hegter bande is gevorm. Die herinnering sal altyd een van die beste wees vir my en my dogters. Ons gaan probeer om dit 'n jaarlikse instelling te maak. Baie dankie Sea Traders en Britanniabaai dat jul ons eerste moeder-dogter-naweek so suksesvol gemaak het."
"Area is stil en veilig. Strand is super skoon en mense rondom vriendelik. Beste vakansie ligging in die Weskus. "
"Enigste nadeel is die afstand van 'n kafee of restaurant af. Verder is dit 'n beeldskone bestemming!"
"Ek dink dit gaan binnekort dié bestemming in die Weskus wees. Dis nog 'n ongerepte area en hier voel mens jy kan asemhaal. Ek het baie veilig gevoel en alhoewel dit die Sondag 36.5°C was, het dit nie so gevoel nie. "
"Daar is nie veel om te doen nie, maar gelukkig is Paternoster naby. Baie mooi strand en stil. "
"Dit is 'n pragtige stil plek. Ons was daar vir 'n troue so het nie baie rondgery nie, maar die stukkie wat ons beleef het, was dat dit rustig en pragtig is. "