Verified Reviews
Britstown
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Britstown
Rated 3.5 out of 5 based on 365 reviews.
"As jy op reis is en ontbyt wil eet of biltong wil koop moet jy hier stop. Nie noodwendig iets by Strydenburg of Hopetown nie."
"Wens ons kan 'n bus vat en klomp mense daar gaan aflaai om 'n verskil te maak en nuwe lewe en besigheid in die dorpie in te blaas. So hartseer om te sien hoe al ons klein dorpies leegloop."
"Ons vul altyd ons voertuig met petrol in Britstown wanneer ons in daardie rigting reis. Ons het nog altyd net goeie ondervindinge daar gehad."
"Die karoo is bekoorlik mooi! Vriendelike mense en baie goeie paaie (beter as Gauteng)!"
"Stop by die Karoo Lodge en eet iets. Drink 'n glas wyn en groet die vriendelike wit kat."
"Dis 'n mooi, skoon dorp en die personeel by die vulstasie was vriendelik en behulpsaam. Dankie, julle laat ons sommer tuis voel."
"As jy Weskus toe of terug van Gauteng af dan is die dorpie jou beste roep vir oorbly!"
"Het een keer probleme met ons voertuig gehad en hulle was baie behulpsaam gewees om ons te help. Die Hotel is 'n goeie plek om ook te oornag, wat heerlike kos bedien."
"Meer reisigers kan gerus van Britstown 'n oornagplek maak - dit behoort die dorp as toeristebestemming te bevorder."
"As mense nie hul eie aandete wil voorberei nie - hulle moet weet van die Country Café, Wine Shop, Food Store and Restaurant by die Transkaroo Country Lodge in Britstown self. Dit is 'n absolute verrassing in so 'n dorpie."
"Ek was verras oor die mooi hotel daar. Dis oor die 100 jaar oud en het 'n pragtige binneplein met restaurantgeriewe. 'n Delikatessewinkel is ook deel van die hotel."
"Ons het Britstown toe gegaan vir die skoon lug en rustigheid, asook die heerlike stil nagte. Dit het ons in oorvloed ervaar. Daarby is Britstown 'n skoon dorp met al die noodsaaklikste dinge. "
"Oulike dorpie met baie karakter en baie rustige gevoel heers in die dorp en mense."
"Ons ervaring is dat die dorp nie regtig voorsiening maak vir kos koop nie ... So vat maar jou eie goedjies saam."