Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Map

Verified Reviews

Cape Karoo

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo

Rated 4.5 out of 5 based on 1989 reviews.

Prince Albert, Cape Karoo

81 on Church

"Pragtige Karoodorp met vriendelike mense, lekker eetplekke, lekker olyfolie, fantastiese kaas."

Prince Albert, Cape Karoo

De Bergkant

"Baie besonderse Karoodorp met besonderse mense, baie lekker restaurante en baie goeie kaas."

Sutherland, Cape Karoo

Die Prokureurshuis

"Die planetarium was 'n teleurstelling, ons het verwag om daar meer oor die sterre en die hemelruim te leer, maar helaas, daar was meer advertensies en onnodige inligting as enige inligting oor die hemelruim."

Prince Albert, Cape Karoo

Casa Milorca

"Pragtige kunsdorpie met Karoo-tema, huise oor die algemeen baie goed versorg, Lazy Lizzard se lampasteitjies 'n moet."

Sutherland, Cape Karoo

Primrose Cottage

"Sutherland het soveel om te bied vir mense wat van die heelal meer wil weet en nog baie meer."

Prince Albert, Cape Karoo

Karoo Lodge

"'n Besoek aan hierdie besondere plekkie is in alle opsigte die moeite werd! So mooi skoon dorp met sulke vriendelike mense en soveel om te sien en ervaar. Vermy net Maandae, want dan is die meeste plekke toe (seker om te rus na die naweek)."

Prince Albert, Cape Karoo

By-Die-Koppie Guesthouse

"Wonderlike plattelandse dorpie. Lanklaas so mooi skoon en netjiese strate en woonbuurte gesien. Interessante winkeltjies en restaurante om te besoek. Mal daaroor!"

Prince Albert, Cape Karoo

81 on Church

"Prins Albert is 'n klein juweel. Ons het die kunsgallerye en koffiewinkels baie geniet. Die hoogtepunt van ons kuier was die toer met die Unimog op teen die Swartbergpas! Dit was 'n belewenis en die tieners was gek daaroor. Bespreek by die Swartberg Hotel vir die toer."

Merweville, Cape Karoo

Springbok Lodge Merweville

"Dit is die moeite werd om 'n draai by die Boekklub te maak. Die plaaswinkels daar naby is die moeite werd om in te loer. Draai af vanaf die N1 en oornag in Merweville."

Prince Albert, Cape Karoo

Swartberg Cottages

"A very nice little town and the hotel restaurant was very good."

Prince Albert, Cape Karoo

Prince Albert Country Stay

"Interesting little town. Lovely restaurants and coffee shops."

Prince Albert, Cape Karoo

Yellow House

"Die dorpie is pragtig. Ons het wel die aand by the Rude Chef gaan eet en 'n minder aangename ervaring gehad. Ek glo daar is ander plekke wat beter diens sou gelewer het."

Merweville, Cape Karoo

Hartsrus

"Sonsondergang op die berg was 'n belewenis!"

Prince Albert, Cape Karoo

Karoo Lodge

"Besoek gerus Prins Albert. Die Hotel is 'n gawe opsie met 'n goeie ontbyt en 'n 4x4-toer oor die Swartbergpas en 'n sjampanje ontbyt."

Prince Albert, Cape Karoo

Karoo Khaya

"Besoek The Rude chef en gin-kroeg."

Prince Albert, Cape Karoo

Aandrus

"Pragtig. Die restourasiewerk in die dorp is rede tot blymoedigheid."

Prince Albert, Cape Karoo

Travellers Rest

"Prins Albert is 'n pragtig-versorgde dorp. Vriendelike inwoners en ons het 'n gevoel van veiligheid en outydse sjarme ervaar."

Prince Albert, Cape Karoo

81 on Church

"Dorpie is goed versorg en bied goeie eetplekke vir reisigers."

Sutherland, Cape Karoo

Stellar Dust previously The Blue Moon

"SUTHERLAND Hier is die na amper dag, waar sterre vonkel en die maan blinkoog lag. Sirkels in en om die maan kom so naby dat mens dink dat jy amper langs dit staan. Waar strate nog nat kan dou en die kerkklok lui soos wat dit tyd hou. Skaapstertjies, oxtail en malvapoeding hartskos wat jou terug sal bring. Konfyt gemaak van fyn kambro Sutherland in die verre Karoo. Versteek tussen sand en klip, Daar sal sterre en planete nooit verby kan glip. Selfgeskryf: 2021"

Merweville, Cape Karoo

Springbok Lodge Merweville

"Wonderlike plek net so vreeslik ver."

Prince Albert, Cape Karoo

Mirtehof Guest Farm Estate

"Gaan eet by Henriette se the Rude Chef!"

Prince Albert, Cape Karoo

Karoo Lodge

"Prentjie mooie dorpie!"

Sutherland, Cape Karoo

Skitterland Gastehuis

"A must visit to experience the awesomeness."

Prince Albert, Cape Karoo

Aloe Guest House

"Vriendelike inwoners, skoon dorp en 'n kunstenaarsparadys."

Merweville, Cape Karoo

Die Ou Winkeltjie

"Was lekker om al die plekke waar Die Boekklub geskiet is te besoek. Bietjie afgeleë van die hoofroetes, maar was beslis die moeite werd om dit te besoek."

Prince Albert, Cape Karoo

Elfen House and Cottage

"Small town with very friendly and inviting community. Plenty of authentic eat out and social venues, but understandable not much other entertainment options."

Prince Albert, Cape Karoo

Acacia Cottage

"Altyd lekker om hier te kom kuier."

Merweville, Cape Karoo

Die Ou Winkeltjie

"Merweville verdien baie meer reisigers wat oornag en die area verken. As jy rustigheid en stilte wil ervaar is dit die perfekte plek en nog maklik bereikbaar met teerpad vanaf N1. Vanaf Sutherland se kant is dit asemrowend maar heelwat moeiliker grondpad. Saans hoor jy nie n geluid nie, dis pikdonker en voel dit soos ’n plaas. Merweville is pragtig !"

Page
Page 33 - Showing 961 to 990
Search broader areas

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers