Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Die dorpie is 'n museum! Pragtige stasie en al die ou geboue gerestoureer. Ons besoek die museum en drink koffie voor 'n kaggel. Die natuurskoon is die kersie op die koek."
"Alles is baie nice in Sutherland, voel of die tyd stilgestaan het. Net die ontvangsdame by die sterrewagsentrum is vrek ongeskik gewees. Sal niemand soontoe aanbeveel nie."
"SALT besoek was fantasties en Stargazing by Sterland werklik 'n ondervinding wat ons vreeslik geniet het. "
"Boek gerus by oom Jurg 'n sterrekykaand, 'n begeleide SALT toer en moenie vergeet om te bespreek vir aandete by die verskeie opsies in die dorp nie! Namakwaland se mense is vriendelik en jy sal baat vind om stil te staan en mense se stories te hoor. "
"Pragtige dorpie, volgende keer bly ek beslis langer om die dorp en omgewing behoorlik te kan verken."
"Die eerste dorp waar ek kom met 3 bottelstore en geen apteek. Dalk moet die 1 bottelstoor medisyne begin aanhou."
"Baie lekker dorp met oulike mense. Baie lekker vir gesinne en baie veilig. Lazy Lizard is tops met kosse en sorg ook vir vegetariërs en gluten free resepte wat 'n mens nie baie of sal ons se glad nie op meeste plattelandse dorpies kry. Nice plek gaan definitief weer die dorp besoek."
"Dit is 'n klein dorpie, maar so netjies. Ons het 'n heerlike ondervinding gehad om oor die pas te ry na Sutherland. Ons het dit gedoen met 'n Honda Civic en wat prentjie mooi omgewing. Pas is steil en die senuwees moet dit hou, Net nie vir reën seisoen nie. Ek sal definitief weer daar oorbly."
"Sutherland was nog altyd 'n dorpie wat op my bucket lysie was. Ons het wel die ligte hittegolf gevang toe ons daar was, so sal weer terugkom vir die ysige koue en sal definitief weer julle sterre kom besigtig by Jurg."
"Pragtige klein dorpie met baie om te sien vir 'n naweek. Ongelukkig val die plaaslike inwoners mens heeltyd lastig vir geld, kos ens. Daar is oor 'n naweek vier keer by ons gebedel, waarvan drie keer by die kothuis was."