Verified Reviews
Cape Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Karoo
Rated 4.5 out of 5 based on 2924 reviews.
"Sutherland is so interessant. Ons het sterre gekyk, SALT besoek, die geskiedenis van die dorp verken, die kerk was so pragtig, die Louw huis was goed om te sien. Ons was 4 dae daar en het elke dag iets gehad om te doen. En ek moenie vergeet om die eetplekke te noem nie. Jy gaan beslis bietjie vakansie gewig optel! Ek is so bly ons het gegaan en ons was daar in die Somer en dit was regtig nie te warm nie. Gaan kuier gerus, jy sal nie spyt wees nie en dis lekker naby aan die Kaap vir die wat nie ure wil ry nie."
"'n Plek om weer jou siel te vind en die sterrehemel met verwondering te aanskou."
"Doen jouself die guns en spandeer tyd hier, mens is so geneig om net verby te jaag. Ontdek nuwe dinge veral in die unieke natuur."
"Ek het ses jaar gelede op Prins Albert verlief geraak en probeer om ten minste elke jaar daarheen te gaan. Wat 'n lieflike dorpie!"
"Merweville is 'n rustige dorpie met genoeg stilte vir die siel. Gaan ontdek jouself opnuut. Dit is net 'n plekkie vir 'n nuwe ingesteldheid. Alles net genade. "
"Die dorpie het my aangenaam verras! Ek sal vir seker weer daar gaan kuier."
"Lekker kuier dorpie. Baie om te doen en sien. Olyfplaas is 'n moet en ook Swartbergpas."
"The town is a gem, this is our third visit. We had the most delicious meal at Karoo Kombuis. "
"Ek sou dit 'n 5 uit 5 gee as dit nie so vrek warm in Merweville was nie. Jy moet in ag neem, dit is in die middel van die Karoo. Verder is dit 'n baie stil, rustige en vriendelike dorpie. Perfek vir 'n wegbreek uit die gedruis van 'n besige lewe."
"Gaan besoek die NG Kerk. Dit is beslis die moeite werd om daar deur te loop en te hoor van die geskiedenis by die gids. Jupiter restaurant het die lekkerste skaapkerrie. 'n Ordentlike bord kook kos wat meer as geboek is vir 'n groot man teen 'n baie billike prys. Die planetarium vertoning is wow, en interessant, maar nie heeltemal wat ek wou sien nie. Ek sou graag meer wou sien van watter sterre en planete om voor uit te kyk die aand op die plaas. "
"Jy kan lekker rondry vanaf die plaas en heelwat gaan besigtig en ja, dis 'n pragtige wêreld ten spyte van die huidige droogte."
"Merweville is 'n verassingsdorpie in die Karoo. Die mense is baie vriendelik en wil graag bietjie gesels en hulp aanbied waar nodig."
"Alles is super fantasties! Die teater, markies. Oop galerye. Unimog toer. Die Astro Tours sterrekyk. En en en. Swartbergpas, Swartberg Hotel se ontbyt! Well done!"
"Die Bush pub se kos en diens was 'n wow factor. Die lekkerste en pragtige uitsig by die rivier."
"A small town in the Great Karoo at the foot of the majestic Swarberg Mountain range. One could spend hours exploring the museum and galleries and a visit to the Guernsey diary is a must. The town is simply the jewel of the Great Karoo. "