Verified Reviews
Cape Peninsula
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Peninsula
Rated 4.6 out of 5 based on 552 reviews.
"Hoop net die padwerke is klaar as ons weer kom. Dit mors 'n mens se tyd veral as jy dringend iewers moet wees."
"Lieflike area - pragtige natuurskoon met heerlike restaurante en besienswaardighede net 'n paar kilometers verder. Definitief die moeite werd om daar tuis te gaan."
"My eerste besoek, maar definitief nie my laaste nie - om elke hoek en draai wag 'n skat om onthul te word soos die pastaplekkie op die hoek."
"Glencairn is in 'n pragtige omgewing met die mooiste uitsig oor die baai. Dit is baie naby Simonstad, Boulders, Fishoek en ander klein dorpies wat 'n besoek werd is. Dit is ook nie ver van Kaapstad af nie so dis 'n goeie plek om in te bly."
"Goeie ligging waarvandaan besoeke aan Muizenberg, Kalkbaai, Vishoek, Simonstad, Kaappunt en Houtbaai gerieflik afgelê kan word."
"Mens is bederf met keuses van restaurante en ons het die heerlikste etes genuttig. Lekker besige plek."
"Diksie's Restaurant just down the hill from the seascape made it even more awesome."
"Vishoek was vir ons 'n besonderse plekkie om vakansie te hou. Ons het toegang tot Kalkbaai, Simonstad, Muizenberg, ensovoorts. Die geskiedenis en kuierplekkies in die dorpies is nie te versmaai nie. Die beste eetplek was Napoli's Trattoria in die hoofpad. Die pasta en pizza's is soos net 'n regte Italianer (Pappa Bernado) dit kan maak. Baie dankie."
"Muizenberg is 'n pragtige dorp. Die DA verdien 'n 5-ster-gradering vir netheid in die dorp en op die strand. Muizenberg is tops!"
"Noordhoek is beautiful! Mooiste wit strand. Baie lekker eetplekke en gawe "community"."
"Mooi en baie om te doen. Die hawe verkoop vars vis. Klomp lekker winkeltjies om in rond te loop. "
"Positief: Baie verskillende, interessante vatbiere by restaurante beskikbaar. Mense is uiters vriendelik. Dié dorp bied 'n groot verskeidenheid aantreklikhede. Die dorp is grootliks dierevriendelik, insluitende die strande. Kennisgewings by die meeste winkels dui aan of honde welkom is. Negatief: Te veel verkeer, baie parkeerplek, maar min parkering oop. Die paaie is redelik in 'n slegte kondisie op party plekke en baie ongemaklik."
Glencairn Heights, Cape Peninsula
Maui's Place"Glencairn Heights bied 'n gevoel van veiligheid. Die voorstad is 'n bietjie ver uit Kaapstad self, maar dis piekfyn as jy net wil rus. Dit het ook sy eie baai wat stil en veilig is. "
"Muizenberg is the ideal place to stay as you are so close to many other areas and places of interest."