Verified Reviews
Cape Peninsula
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Peninsula
Rated 4.6 out of 5 based on 264 reviews.
"Toeriste moet besef dat Vishoek 'n droë dorp is en dat jy jou wyn moet aanskaf voordat mens daar aankom."
"Muizenberg is lovely. We ate supper at Carla's in Muizenberg, which we really enjoyed very much - Kalk Bay and Fish Hoek is a short drive away. Staying in Kalk bay would probably be a better option for exploring the area."
"Simonstad is 'n juweel. Dit is 'n oulike dorp met lekker winkels en pragtige strande. By Boulder Beach kan jy heeldag op die strand lê en pikkewyne bekyk. Dit was 'n heerlike ervaring. Sal graag weer Simonstad besoek."
"Pragtige ou geboue. Rustige atmosfeer. Nie so gejaagd soos van die ander stranddorpies nie, baie om te sien - alhoewel die loadshedding ons museumplanne in die wiele gery het. "
"Safe to shop and walk about but also go to Kalk Bay, beautiful bay, harbour and restaurant. Oceans Echo is out of the traffic of Cape Town but within 45 mins of Cape of Good Hope, Table Mountain Cableway and V & A waterfront with many restaurants and great shopping."
"Simon's Town is a great place to visit. There's actually so much to do and see in this little town and it's so close to all the other great attractions of the Cape. It's central, and safe so you can walk around everywhere. We didn't end up doing half the stuff we wanted to (we ran out of time) so we will definitely be making a return visit!"
"O ja! Ons was so honger die aand toe ons laat terugkom, toe ontdek ons 'n heerlike vars ciabatta, botter en konfyt. Wow, oulike gasheer en gasvrou!"
"Heerlike strand om in te swem asook stappaadjie langs die rotse. Sentraal geleë vir besoeke aan Kaappunt, Simonstad, Kalkbaai en Kommetjie omgewing. Die verkeervloei gedurende spitstye in die hoofstraat is stadig. Ons sal na 9 in die oggende (weeksdae) met 'n motor daar probeer ry. "
"Pragtige, skoon dorp. Heerlike pizza restaurant en 'n baie oulike deli. Gaan loer gerus in by Pepe the Cheesemaker op Imhof Farm vir besonderse bokmelkkaas en 'n lekker geselsie oor die regte manier van kaasmaak. "
"Kommetjie was vir jare 'n klein kusdorpie met net 'n kafee en 'n kroeg/restaurant en 'n paar kleinerige winkels, maar is besig om uit te brei. Daar is 2 winkelsentrums naby in Noordhoek, Simonstad is net 10 minute se ry, dis 'n uur van Kaap punt af, en 45 min van Kaapstad self. As jy braaf genoeg is om die koue Atlantiese water aan te durf, is daar 'n inham in Kommetjie wat as swemplek dien vir die inwoners, of jy kan 'n piekniek sak pak en Noordhoek se strand besoek. Dit is in my opinie een van die mooiste strande in die omgewing, en is ten alle tye skoon, stil en rustig, en werklik "underrated"."
"Noordhoek strand ongelooflik mooi en Noordhoek 'n lieflike plek, stil met unieke mense en besonderse restaurante. 'n Perdry omgewing soos min."
"Muizenberg is werklik die mooiste vakansieplek nog. Sal Muizenberg aanbeveel vir enige iemand."
"Sal vir seker weer gaan. Vriendelike mense sentraal geleë naby winkelsentrum en strand. Tien dae van pret plesier, son, branderplankry lesse en rustigheid geniet. Presies wat ons verlang en nodig gehad het."
"A great beach-side town with lots to do and near Boulders Beach (to see the Penguins)."
"Lovely. Lots to do, not overly expensive, friendly people. Great views, great scenery."
"Alhoewel die wind sterk gewaai het terwyl ons daar was, glo ons Noordhoek is 'n lieflik ontspan-bestemming. Mens moet tyd spandeer en die vreedsame, naby-aan-natuur lewenstyl van die plaaslike inwoners inneem. Die ligging, aktiwiteite en weggesteekte kuierplekke is besonders. "