Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 3515 reviews.
"Wat 'n pragtige dorpie - vol geskiedenis en baie om te ondersoek en te beleef! Volgende keer bly ons langer!"
"Ashton has always been the ideal location for me when I need to get away from the city. There is a lot to do in the surrounding areas. It is fantastic."
"Baie mooi dorpie. Ek het wel gevoel daar is 'n tekort aan 'n ordentlike eetplek in die dorp vir aandete."
"De Rust se potensiaal is nog by verre nie ontwikkel as toerisme bestemming nie. Dis 'n beeldskone dorpie met hope karakter en stories."
"Ek ry hom al van die vroeë sestigerjare af toe dit nog grondpad was en dit bly nog net so mooi!"
"Alhoewel Robertson 'n klein, plattelandse dorpie is, is dit in 'n lieflike omgewing en vir ons stadsjapies 'n welkome ontvlugting van die stad se gewoel. "
"Besoek Klein Karoo Kombuis vir 'n baie lekker middagete en uitstekende diens."
"Daar is baie te doen rondom Ashton, want Robertson en Montague is ook sommer naby. Selfs Swellendam is net om die draai."
"Deur die week is die dorpie maar stil, maar vanaf 'n Vrydag kry die plek nuwe lewe."
"Daar is heelwat te doen in die omgewing met al die wynkelders om te besoek en staproetes, veral die een in die natuurreservaat. Dit is ook naby McGregor wat 'n interessante dorpie is om te besoek. Die enigste nadeel is die erge hitte in die somer."
"Dis 'n lekker plek. Het ongelukkig nie genoeg tyd gehad om die meeste daarvan te maak nie."
"Sal weer teruggaan, want ons tyd was te kort om alles te kon gaan sien in die omgewing."
"Robertson se mense is vriendelik en alles wat nodig is, is beskikbaar. En moenie die Affie Plaas padstal vergeet nie."
"Doen moeite en kry 'n kaart van al die dinge wat 'n mens in en om Robertson kan doen - anders gaan jy spyt wees."
"Al die restaurante, winkels en padstalle bied uitstekende verskeidenheid en waarde vir geld."
"Ja, besoek Klipdrift! Hulle was uiters professioneel en het ons baie vriendelik ontvang. Ons het baie welkom gevoel. Ek kan beslis hulle hamburger aanbeveel!"
"Regte plattelandse dorp waar jy die waarde van rus besef ... die 'locals' is baie vriendelik en mens kuier lekker by die plaaslike restaurante."
"Baie oulike, skoon dorpie. Met die deurry wil mens stop-stop want daar is soveel interessante plekkies om te kuier."