Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2489 resensies.
"Lekker plek, maar nie 'n 5 ster hotel nie, maar dit is nie hoekom jy McGregor toe kom nie."
"Dit wat ons gesien en gehoor het, het ons laat besluit om vir langer terug te kom om meer van die omgewing te siene te kry. Ons het ten minste lekker kaas gekoop by die Parmalat fabriekswinkel."
"Ons geniet dit om in Robertson te gaan kuier. Ons het die aand by die Four Cousins restaurant gaan eet. Die kos smaakvol en baie goed voorberei en bedien. Ons sal Four Cousins definitief aanbeveel."
"Dis ‘n plek wat mens moet sien en beleef. Ouwêreldse sjarme."
"Lovely weekend in the cottage and in Mcgregor - very nice small town with friendly community, good food, and lots of things to do. "
"Klein dorpie, baie potensiaal, ons sien veranderings aan geboue, het by splinternuwe restaurantjie middagete geniet, historiese gebou! Natuur is pragtig."
"Kan dalk meer adverteer op Facebook waar die meeste mense vandag goed en plekke soek."
"A small town surrounded by many wine estates, it is a good central point to stay in for exploring the neighboring towns and estates. Not much happening in town itself, but beautiful old churches and lovely people."
"'n Teruggetrokke en eerlike bestemming vir die wat egte Klein Karoo atmosfeer wil beleef, en boonop van die wêreld se beste kelkie wyn wil geniet."
"Ons sal beslis terugkom na De Rust, dit is 'n netjiese Karoo-dorpie met baie om te sien en doen op die dorpie self en omliggende omgewing."
"A sweet little town and a good place to relax. But too many huge trucks zooming up and down at high speed. "
"Pragtige dorpie, die museum in die hoofstraat in die ou kerk is 'n besoek werd. Veral as jy nostalgies is oor toentertyd se dinge!"
"Saggy Stone is 'n wenner. Het dit reeds aanbeveel. bestuur en personeel vriendelik, behulpsaam en kos uitstekend."
"'n Plek waar jy weer net kan wéés, rustig en in eenvoud, met baie gasvrye inwoners!"
"Ongelukkig was ons te kort daar om baie kommentaar te lewer, maar daar waar ons was is ons met soveel vriendelikheid en gasvryheid ontvang dat ons besluit het om beslis vir meer as 1 nag terug te keer na Montagu."