Verified Reviews
Cape Route 62
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Route 62
Rated 4.5 out of 5 based on 3515 reviews.
"Montagu is a place I would love to retire. So beautiful and friendly."
"Ongelukkig 'arm' aan winkels, waar nood kos items gekoop kan word, maar die omgewings is 'ryk' aan natuurskoon."
"Die dorp Ladismith is nie veel om na uit te sien, maar die omgewing is fantasties."
"Daar is so baie in die omgewing. Ons was tot by Franschhoek, Bonnievale, Montagu en Worcester. Pampoenstal was 'n belewenis. Dit is opvallend hoe goed die paaie versorg word selfs die grondpaaie. Dorpies is ook skoon en netjies. Sal beslis weer hierdie area wil besoek."
"Baie mooi deel van Suid-Afrika, tussen die berge en wingerde/boorde. Rustig en kalm."
"Beautiful atmosphere and friendly people all around. Four Cousins Winery and Restaurant was just amazing. "
"Pragtige, interessante dorp met volop goed om te sien en te ontdek. Dorp se netheid kort verbetering (papiere in straat)."
"Dis 'n oulike en klein dorpie met baie plekkies wat besoek kan word. Die dorp het 'n elektroniese toer en staproete."
"Definitief 'n plek waarna ons wil terugkeer. Binne in Meiringskloof geleë en omring met die Swartberg se koppe. Werklik asemrowende uitsig."
"De Rust en omgewing is van ons gunsteling plekke. Die dorp se inwoners doen moeite om dit aantreklik te maak. Ry gerus die agterpaaie, ontmoet die mense en besoek die padstalle en koop hul ware. Hier leef hul nog vir mekaar. Ons het die klein dorpies nodig en ons moet hul ondersteun."
"Sal graag die dorp en omgewing beter wil leer ken. Hy is groter as wat ek gedink het."
"'n Interessante plekkie. Klein en baie warm! Probeer Herrie's braai restaurant en takeaways vir goeie kos teen billike pryse."
"Buitewyke van Robertson en wynplase pragtig. Sal dit weer besoek. Robertson self - ek glo nie."
"We loved the market in town, so nice and neat and organised! The tractor ride at Capedry fruit through the farm is a must see before you go to the shop. It gives you an idea how the fruit are dried. A lot of different products to buy! Taste amazingly fantastic!"
"Die owerhede/munisipaliteit kan gerus meer doen om Ladismith as 'n toeristebestemming te bemark. Die omgewing bied so baie, maar dit trek nie so baie toeriste nie."