Verified Reviews
Cape St Francis
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape St Francis
Rated 4.6 out of 5 based on 53 reviews.
"Baie uitgebrei en ’n klipgooi van St. Francis, Humansdorp en Jeffriesbaai. Iets vir almal om te kies en keur."
"Nice quiet living, definitely a place to go if you want to switch off from city life."
"Hou jy van swem in die see? Dan moet jy 'n draai maak in Kaap St. Francis. En as jy nog nooit 'n vuurtoring in aksie gesien het nie - Kaap St. Francis s'n is werklik iets om te beleef. 'n Mens kan ure spandeer op die rotse. Dis 'n stukkie hemel op aarde."
"As 'n mens weg wil kom van die gewoel van die stad is hierdie die perfekte bestemming. Jy het stilte, maar kan ter enige tyd Kaap St Francis Bay en die hawe besoek. Die strande is lank en skoon en daar is pragtige staproetes."
"Kaap St. Francis self is 'n heerlike plek, dis baie rustig en dis ook glad nie te warm gewees nie."
"Dit is 'n pragtige dorp waar mens kan rus met baie om ook te doen as jy wil besig bly."
"Kaap St, Francis is 'n veilige, landelike dorp, maar ook naby plekke soos Port St. Francis en St. Francisbaai. "
"Is lekker naby aan Jbay en goeie plek vir vissermanne en surfers. Fantastiese strand om te gaan stap."
"Pragtige plek, maar geriewe kan nie net van vol betaalde inwoners geblok word sonder kommunikasie en tarief vermindering nie, dit gee wantroue in advertensies."
"'n Mens voel baie veilig en genoeg staproetes en lekker strand. "
"Pragtige klein kusdorpie met skoon, wit strande en heerlike eetplekke. Het Port St Francis ook besoek, interessante hawe-gebied met winkeltjies en kuierplekke."
"Pragtige dorpie wat ontsettend uitgebrei het sedert my laaste besoek. Plakkers kamp en taxi's in Humansdorp op pad na Kaap St. Francis laat mens ietwat onrustig voel, dalk is ek net oorsensitief a.g.v. negatiewe konnotasies opgebou tydens jare se verblyf in Pretoria in Gauteng."
"Daar is 'n klein winkeltjie wat die basiese goed verkoop en St. Francis se Spar is 5 min weg."