Verified Reviews
Cape Town CBD
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town CBD
Rated 4.4 out of 5 based on 123 reviews.
"Onveilig veral indien mens te voet is. Dis baie jammer, maar dit is ongelukkig die situasie."
"Pragtige geboue, ryk geskiedenis. Was gek oor die Kompanjiestuin en omliggende museum en gallery. Die restaurante en atmosfeer is enige dag gelyk aan oorsese stede!"
"Omdat ons die Kaap ken, was dit nie vir ons 'n probleem met die geraas of enige iets daar nie. Alles was lekker en ons het ons aand geniet. "
"Die mooiste stad in die land, pragtige natuurskoon en geskiedenis. Soveel om te doen in Kaapstad dat 'n week nie genoeg is nie."
"Is maar bietjie ongemaklik in die strate. Maar die ligging vir ons doeleindes was perfek."
"Dit is sentraal geleë en gerieflik om by alle toeristeplekke uit te kom. Was verbaas om die naglewe daar te sien - mense het tot in die oggendure vrylik en sonder probleme rondbeweeg."
"Baie plekke om te besoek en te sien. Die rooi bus en Uber is betyds en betroubaar."
"Kaapstad is 'n pragtige stad. Ons glo hoe meer ons soontoe gaan sal ons meer dinge kan sien van Kaapstad, maar dit wat ons kon doen in die kort tydjie was reeds baie lekker."
"Baie skoon omgewing met genoeg sekuriteit. Baie historiese aantreklikhede in stad."
"The CBD was really clean and safe. Thank you to the City Council, keep up the good work."
"The CBD has a lot to offer from day time activities to night life. A truly cosmopolitan city. It is the most beautiful city in SA. "
"Baie besig en groot verskeidenheid restaurante om van te kies. Veilig, kan rondloop en als is stapafstand, orals shuttles beskikbaar om jou na ander plekke te vat. Die middestad is bietjie raserig so as dit iets is wat jou pla sal ek nie verblyf in die middestad aanbeveel nie."