Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"As oud Kapenaar is ek besorg oor kuiergaste wat nie bewus is van die misdaad op toeriste nie. Wanneer familie van Australië hier is, beweeg ons saam met hulle want hulle is maklike teikens."
"Kaapstad is een van die mooiste bestemmings ter wêreld. Indien jy net 'n rustige naweek weg wil hê of 'n avontuurlustige uitstappie; Kaapstad het iets vir almal."
"Simonstad is nie te ver van die lughawe af nie en baie sentraal geleë."
"Wonderlike, veilige stad om te besoek. Uber en Bolt werk ook uitstekend en vinnig."
"Kaapstad self is so-so en die Waterfront is "over rated". Vir ons Pretorianers is dit net 'n mall. Maar plekkies om Kaapstad soos Vishoek en Kalkbaai is wonderlik om te besoek! En die bolandse dorpie en natuurskoon is iets om te beleef. Ons sal beslis weer om Kaapstad kom kuier."
"Beeldskone, asemrowende & vriendelike stad, al is daar plekke net soos in ander gedeelte van die land waaraan daar gewerk moet word. Dankie."
"Bly net weg van die oorbevolkte gebiede andersins was ons besoek baie lekker en goeie weer gehad."
"Cape Town is one of the best holiday destinations as there is something for everyone."