Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Panorama is a safe and quiet neighbourhood/suburb and would certainly consider settling there."
"Lieflike lang strand om op te gaan loop. Somerset Mall is sommer naby en alles is binne 10 minute se ry van Strand af."
"Ons is lief vir die Strand en Gordonsbaai. Dit is baie sentraal en die kuspad tussen Hermanus en Gordonsbaai seker die mooiste in die wêreld. "
"Very down to earth and perfect destination if you want to relax and enjoy the beach."
"Reg langs Century City geleë wat die groot besigheidsdistrik is van die Kaap. Letterlik 7 minute geleë van die Century City Konferensie Sentrum en Canal Walk Inkopiesentrum. Maklik om by die Waterfront uit te kom. 'n Wel geleë area om te bly vir 'n sakereis. "
"Oranjezicht is goed geleë. Naby belangrike plekke en besienswaardighede. Van die strate is egter baie nou en moeilik om te navigeer."
"Dis 'n pragtige plek, maar seker baie beter om in die somer te besoek. Nostalgies met die hawe en bootritte. Ek hou van die restourante op die hawe en Chapman's Peak se natuurskoon is pragtig. Ek het net ongelukkig 'n gevoel gekry dat dit nie veilig is om 2 mense alleen te gaan stap nie en dit maak die besoekie ongelukkig negatief. Dalk as daar 'n sekuriteitswag met 'n hond die kort staproete patrolleer, sal toeriste (veral vroue alleen), veiliger voel. Of as daar 'n aanduiding is hoeveel km die roete is. Houtbaai is werklik pragtig, dit praat met die siel."
"Gefuif en gedrink deurnag het ons definitief nie aangegaan nie. Elke aand van die 7 dae wat ons ingeboek was."