Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Ek het van lughawe af deur Goodwood gery na Nachelle toe. Was geskok oor vuil strate! Skaam my dood vir oorsese gaste wat daardeur moet ry. Dit was regtig aaklig. Orals vuilgoed. In die straat. Op die sypaadjies. Sou 'n ander roete aanbeveel."
"Pragtige strandgebied, lekker stap langs strand, pragtige uitsigte, maar bietjie van 'n veiligheidsrisiko, dronk mense voor ingang van die gebou, sekuriteit sit diep in die gebou, sien niks, doen niks."
"Pragtige natuurskoon, goeie ligging, naby baie besienswaardighede en verskeidenheid eetplekke. Veilige omgewing. Verkeer nogal erg vir nou strate!"
"A must visit, close to shopping centre, close to the beach, easily accessible by public transport. Just perfect."
"Dit was die 1ste keer dat ek in Houtbaai was en was aangenaam verras. Sal weer hierheen wil kom."
"Ons het slegs familie gaan besoek maar was verbaas oor hoe baie daar te doen was. Lekker restaurante en die strand sommer naby. Die omgewing is nou pragtig nadat die area by die strand opgegradeer is met die looparea. "
"Pinelands is 'n boomryke, stil buurt wat sentraal geleë is in die Suidelike Woonbuurte van Kaapstad. Sal nie huiwer om weer in die area te bly nie."
"Die mooiste stad in die land, pragtige natuurskoon en geskiedenis. Soveel om te doen in Kaapstad dat 'n week nie genoeg is nie."
"Veilige en rustige area, goed geleë naby restaurante, winkels, busvervoer en stapafstand vanaf die strand."