Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Naby alles in die Kaap, van Kaapstad tot die wynlande, Stellenbosch, Franschhoek en selfs Pringlebaai."
"Goed gesitueer. Naby al die mooi besienswaardighede. Maak net seker dat jou reisplan beplan word dat jy nie in spitsverkeer ry nie, alhoewel, ek moet sê Kaapstad se bestuurders is nogal geduldig. Ek het natuurlik die "kite surfing" op Blouberg baie geniet. Ons was bevoorreg om meer as 100 van hulle op die strand te sien beweeg. Maak seker Blouberg is op jou reisagenda."
"Dit is nou nie mens se eerste keuse as jy mooi natuurskoon soek nie, maar dit bied stapplek langs die see en veilige swemplek as die wind nie waai nie. Verder is dit ook lekker sentraal as jy die Kaap wil besoek."
"Beautiful boulevard at Big Bay, nice cafes and restaurants. A great place to relax, enjoying the sun, the beach and the kite surfing. "
"Goeie ligging waarvandaan besoeke aan Muizenberg, Kalkbaai, Vishoek, Simonstad, Kaappunt en Houtbaai gerieflik afgelê kan word."
"Alles wat 'n mens van 'n strandvakansiedorp verwag. Pryse dalk hoog vir Suid Afrikaners, maar tog binne perke."
"Baie rustige plek. Meeste eetplekke se mense is baie vriendelik met 'n lekker atmosfeer."
"Redelik goed. Net jammer die verkeer en ek is nie maats nie."
"Mens is bederf met keuses van restaurante en ons het die heerlikste etes genuttig. Lekker besige plek."
"Durbanville is baie sentraal geleë en 'n mens kan sommer maklik binne 'n uur by plekke soos Houtbaai en Simonstad wees. Daar is lekker wynplase in die omgewing met heerlike eetplekke."
"Die wind waai, die see is koud. Mense geniet "windsurfing" baie daar. Die verkeer is baie besig oor die behuisingsdigtheid wat daar aan die gang is. Lieflike see-uitsigte."
"Dis pragtig. Dis defnitief die plek as jy wil "kite surf". Daar is genieg restaurante, winkels en garages in die omgewing vir alles wat jy mag nodig hê. Die strande is troeteldiervriendelik. "
"Busy, can be noisy, however, it does settle down after hours. Love the easy and close access to restaurants, pubs, coffee shops, markets and supermarkets."