Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 9365 reviews.
"Kaapstad is die plek om te wees. Hier is baie toeriste aanloklikhede en aktiwiteite om te doen."
"Kaapstad is beslis 'n plek om te verken, eetplekke en besienswaardighedes verander voortdurend, so daar is altyd iets om te sien en te doen. Kaapstad is nommer een op my besoekerslys."
"Die stad bied so baie dat indien een ding nie uitwerk nie, kan jy iets anders in die plek vind om te doen. Ons was elke dag besig met meestal buite-aktiwiteite soos Murati, Fairview, Delheim en Knorhoek-wynkelders. Die Afrikaanse Taalmonument en The Alpaca Loom-plaas is ook vinnige stoppe in die wynkelders se omgewing. Die Rooibus kan 'n hele dag of 2 opneem en dit wys al die hoofplekke. Waterfront en als wat dit bied. "Cool Runnings" is 'n goeie aktiwiteit vir die jonger mense wat van aksie hou. Baie plekke om te eet oral waar jy ry. Die diens is net bietjie stadig het ons gevind. Ek wil egter The Dialy Cofee Cafe Bloubergstrand uitwys vir goeie, vriendelike diens en uitstekende koffie en kos."
"Mooiste stad in Suid Afrika, baie skoon teen ander stede en geen slaggate. Baie om te doen en te sien."
"Altyd heerlik om in die Kaap te wees. Die besienswaardighede is ongelooflik en daar is elke keer net nog meer om te besoek."
"Baie mooi plek om vakansie te hou. Wind is net party dae nie lekker nie, maar nog steeds baiee lekker gewees."
"There are beautiful destinations in and around Cape Town. You must just be wary of false advertising."
"'n Moet sien. Soveel om te sien. Kaapstad is net 'n vliegtuig/ "vlug" ver."
"Ons het gebruik gemaak van die MyCiti-bus wat voor die blyplek was en dit was gerieflik om nie te bekommer oor verkeer en parkering nie."
"Een van die beste plekke in Suid-Afrika om vakansie te hou. So baie om daar te doen."
"I still want to visit Cape Town to experience more places, preferably this year in September."