Verified Reviews
Cederberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cederberg
Rated 4.3 out of 5 based on 974 reviews.
"Mooi dorpie, maar kan deur die hoofstraat ry om 'n gevoel te kry. Geen ander besienswaardighede nie."
"Beide Clanwilliam en Lambertsbaai is 'n besoek werd en die Sederberge is altyd 'n besonderse bestemming. Elandsberg is sentraal geleë vir besoeke aan al drie."
"Kan nie wag vir Desember wanneer ons weer daar gaan uitspan nie en ons monde water al vir die waterblommetjiebredie by die padstal in Clanwilliam."
"Citrusdal-dorp was baie besig, omdat dit Paasnaweek was, het gekry wat ons benodig het."
"Citrusdal is 'n besonderse mooi omgewing tussen sitrusplase om in te kuier. Naby om te ry na Algeria, Clanwilliam en natuurlik Kadoesie padstal."
"'n Moet om te besoek. Skoon, vriendelike dorp met vreeslike behulpsame mense. Baie om te sien."
"Citrusdal is 'n warm plek in die somer, maar bied baie mooi natuurskoon, en meeste kampplekke het 'n rivier of dam om in te swem."
"It was very hot when we visited so we could not do many local walks. The De Pakhuys pass is a definite must to visit."
"Pragtige omgewing met manjifieke vistas - die Sederberge is beslis van die mooiste berge in Suid-Afrika"
"Wat afbreek doen aan die dorpie se geskiktheid as toeriste-aantreklikheid en hoofkwartier waarvandaan verkenning van die pragtige omgewing gedoen kan word, is die onooglike informele nedersetting amper in die dorp. Ek het besoek gebring om eindom te besigtig met 'n plan om daarheen te verhuis vir aftrede; nou sal ek twee keer dink."
"Die dorp het die mooiste blomme-uitstalling wanneer dit blommekyktyd is. Lekker eetplekke en mooi omgewing."