Geverifieerde Resensie
Clanwilliam
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clanwilliam bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 562 resensies.
"Veilig met pragtig geteerde hoofpaaie. Die mense is vriendelik en hulle beskik oor 'n Superspar wat goed toegerus is met alles wat 'n mens dalk sou nodig kry vir 'n naweek weg. Pragtige omgewing waarvan tyd vergeet het."
"Die Spar voorsien jou van als en die mense is vriendelike en diens flink."
"Stil rustige plaasdorp, nie soveel van 'n toeriste aantrekkingskrag nie.Die groot Spar met alle lewensnoodsaaklikhede is beskikbaar. Nie vir lang termynverblyf op die dorp self nie."
"My husband managed to get all the food & pharmacy things he needed in Clanwilliam."
"Dit is 'n regte plaasdorpie. Dit het iets van alles en die mense is baie vriendelik en hulpvaardig!"
"Clanwilliam is baie sentraal geleë wanneer die doel van jou vakansie blomme-kyk of Cederberge of Muisbosskerm of Weskus is. Dis 'n bedrywige dorp met alles wat jy nodig mag kry. Net-Marie se Rooiboshuis is 'n definitiewe besoek werd asook die Floris Restaurant waar ons lekker geëet het. Clanwilliam het ook een van die mooiste Sparwinkels waarin ons al was. "
"Hou van die rustige dorp-atmosfeer. Goeie basis om ander dorpe en plekke van belang in omgewing te besoek."
"Clanwilliam het ons harte gesteel. Dis 'n baie spesiale dorpie met wonderlike mense. Bid julle kry gou reën."
"Daar is so baie om te sien en te doen in die omgewing. Ons is spyt dat ons nie twee nagte hier oornag het nie. Wou graag die ander plekke (soos aanbeveel in die Weg tydskrif), maar ons tyd was net hopeloos te min. "
"Clanwilliam is 'n baie vriendelike dorp met interessante mense, geskiedenis en besienswaardighede. "
"Die positiewe gees ten spyte van jarelange droogte met min blomme val op met die gehekelde blomme en dan nogal 'n hele boom! Fantasties! "
"A morning market, tea/coffee next door, a lovely garden environment with plants for sale. Ramskop Nature Reserve was extremely interesting. The restaurant we went to was fabulous!"
"Awesome dorpie. Wat 'n plek maak is gasvryheid. Dis belangrik, dit verkoop alles. "
"Gewone plattelandse dorpie. Dit is egter goed geleë om die berge en valleie in die omgewing te besoek. "
"For people with not a 4x4 car just note that lots of roads in the Cederberg area are gravel roads specially difficult if you want to go to small villages like Wuppertal (not worth the long drive there)."
"Ons is dikwels in die verlede in die Cederberg en omgewing. Ons geniet dit altyd om die omgewing te besoek!"
"Die hoofstraat en groot dele van die sypaadjies is al vir baie jare in 'n baie swak toestand......wonder wanneer gaan dit eendag herstel word?"