Verified Reviews
Clarens
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Clarens
Rated 4.7 out of 5 based on 3984 reviews.
"Clarens is wonderlik. 2 van ons gunsteling plekke was Mozaic Pizzeria en Highland Coffee Roastery."
"Clarens is so klein stukke paradys in ons land. Dit moet op ieder en elk se emmerskoplys wees om Clarens te besoek!"
"Ons sal beslis Clarens weer besoek, ek sal nooit Cottage Pie aanbeveel vir enige iemand wat ek ken nie!"
"Baie restaurante se kombuise maak redelik vroeg toe wat 'n nadeel is. Aande vermaak oor 'n naweek kan dalk oorweeg word."
"Ry gerus die entjie uit Clarens om die absolute prag van die Golden Gate reservaat te sien en te beleef."
"Is 'n heerlike wegbreek met oulike winkels en eetplekke omring deur pragtige berge! Die bier/gin plek in die hoofstraat is 'n definitiewe móét en net so die Roter Haan restaurant in die straat net agter! Duitse kos uit die boonste rakke!"
"Maak gerus 'n draai by Heather van Afriski vir enige toere wat jy in die omgewing wil aanpak, vanaf Clarens na Lesotho en vele meer."
"Clarens is 'n pratige klein dorpie. Dis lekker om net jou voertuig te parkeer en die dorp plat te loop, baie vriendelike mense daar, lekker kos en die oulikste winkels. Daar is definitief 'n ietsie vir almal en dan nog ook die mark op Saterdae, ongelooflik!"
"Ons is baie lief vir hierdie dorpie en gaan kuier baie graag gereeld daar as ons bietjie afskakel tyd van die stad nodig het."