Geverifieerde Resensie
Coffee Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Coffee Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 50 resensies.
"Koffiebaai self het in my opinie baie agteruitgegaan en het min om te bied, behalwe die hotel. Dit kan 'n gevolg wees van Covid-19. Maar Hole in The Wall bly 'n asemrowende gesig wat jy nêrens anders kry nie."
"Hole in the Wall is puik en so mooi. Die plaaslike inwoners is lastig en smeer heeltyd hul diens en kreef aan jou af. Sukkel om hulle te ontduik en is hulle redelik opdringerig."
"Geboue lyk pragtig van ver af, maar ver van pragtig van naby af. Natuurskoon egter, is pragtig verby, asook die see-uitsigte asemrowend."
"Dit sal baie beter ondersteun word as die toegangsroete in 'n beter kondisie is."
"Die 78 km wat jy moet ry Koffiebaai toe is nie van die beste nie jy moet tussen 60 en 40 km 'n uur ry, maar dit is verstane, want daar is kinders en rondloper diere. Dit het my nie gepla nie, want ek is met vakansie. Ek het gery na Koffiebaai en toe oor die koppe gery na Hole in the Wall Hotel. Die pad was grondpad, wat nie baie waffers is nie, maar het dit gedoen met 'n voorwielaangedrewe SUV. Beslis was alles die moeite werd. "
"Koffiebaai se hotel was baie minder spesiaal. Ons het daar geëet, maar die diens was nie reg nie. Daar was plastiek in my burger en hulle het gesukkel met die diens."
"Koffiebaai is plattelands, nie veel om te sien nie en in die dorpie is nie veel om te doen nie."
"Needed warning as to the condition of the tar road. Otherwise happy with our stay. "
"Net jammer die paaie is nie wat wonders nie, maar op die ou end was dit die moeite werd."
"Security, security and security. I hope next time I visit the road construction will be done."