Geverifieerde Resensie
Colesberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Colesberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 1685 resensies.
"Vir 'n baie lekker skaapnek, samp en groentes (regte, egte boerekos) gaan besoek gerus Bordeaux!"
"Ons verblyf was te kort gewees om regtig die dorp te verken, maar mense is vriendelik en gasvry, sal aanbeveel om langer te kuier en meer van die dorp te sien."
"It was the first time we ever rode through Colesberg. Since I was a child we always just used it to fill the car or to have breakfast. We were quite surprised. There’s older and newer part to it. It is a quaint Karoo town. "
"Almal is baie vriendelik, groet en vra waar kom die "uitlander" vandaan en waar gaan jy heen. Die stil omgewing bring rus vir die siel en moeë lyf. "
"Colesberg is die ideale dorp om oor te slaap vir reisigers wat vanaf Gauteng na die Wes-Kaap op pad is. Mooi ou geboue en genoegsame restaurantjies en koffiewinkels vir besoekers wat nie selfsorggeriewe het nie."
"Wat 'n verassing. Ons het nog altyd net in 'n motel geslaap en aangery. Vir die eerste keer kon ons die oulike, netjiese dorpie bietjie meer ontdek. "
"Whenever we stop in Colesberg, we always go to Plattelander for the best lamb chops ever."
"As kind het ons een keer per jaar hierdeur gery. My kind was gaande oor die stil strate en my stadsvriende verstom. Die ou kerke, geboue en rustige lewe is die moeite werd om te bewonder en die skaapnek-pizza by JC's Pub die beste."