Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1815 reviews.
"Oulike dorpie met die heerlikste lamsvleis en goeie "sout van die aarde"-mense."
"Fantastic, quite and safe place to stay over between your long journey on the road."
"Ek was geskok om te sien hoe baie gemors, papiere en sakke al om die dorp was. Dit het my vreeslik afgesit."
"Didn't get an opportunity to visit the towns' attractions due to the short duration of our stay. Nice quaint OLD Town though. We did get to have dinner at the Bordeaux Coffee Shop and Restaurant and had a totally enjoyable meal."
"Ontsaglike probleem met rommelstrooiing in die dorp. Die Munisipaliteit kan gerus werkgeleenthede skep vir persone wat nét rommel en veral plastieksakke opruim. "
"Baie sentraal tussen Gauteng en die Kaap geleë. Hulle kan nog gastehuise beskikbaar stel."
"Ons kan dit aanbeveel om Colesberg per voet te ontdek want alles is so naby. Die strate voel redelik veilig en daar is uitstekende veld-staproetes binne bereik. Daar is ook verskeie eetplekkies en ons kan die pizza aanbeveel by Horse & Mill Pub and Guesthouse."
"Die Plattelander - beslis 'n plek waar jy moet gaan eet. Die skaapstertjies sal maak dat jy jou vingers afeet. Die dorp se strate is net baie vuil wat 'n jammerte is, maar aan gasvryheid en lekker eet is daar nie 'n tekort nie."
"100% lekker geleë presies halfpad op N1 tussen Johannesburg en Kaapstad. Ek sal weer hier oorslaap!"
"Ons was aangenaam verras toe ons deur Colesberg gestap en die dorpie leer ken het. Mens is geneig om net deur te ry en nie tyd te spandeer nie. Colesberg is definitief die moeite werd om by aan te doen."
"Pragtige dorpie. Het heerlik geëet by die Plattelander Restaurant. Wens ons kon langer vertoef."
"'n Pragtige dorp met heelwat om te doen en sien. Baie veilig en hulle sal my weer sien."
"Hou julle naam so hoog. Dit was n plesier gewees om daar te oornag. Colesberg is 'n klein plekkie met warm harte. "
"'n Rustige dorp met vriendelike mense en die ideale ligging vir 'n oornagplek na 'n lang reis."
"Vir 'n reis vanaf Kaapstad na Johannesburg, is dit 'n perfekte oornagstop om tydens die lang rit te rus. "
"Lekker by the Plattelander-restaurant op Oujaarsaand geëet. Vriendelike mense, goeie diens en waarde vir geld."
"Was nie in Colesberg self nie, maar Safaripark is 'n stukkie hemel op 'n baie lang, stil en droë pad!"