Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1815 reviews.
"Ons het besluit om nie weer in die dorp oor te slaap nie. Die dorp self is besig om te verval en is baie lastig geval deur bedelaars. Ons het baie onveilig gevoel toe ons gaan uiteet het. Ek sal in die vervolg eerder van nabygeleë plase of lodges buite die dorp gebruik maak. Dit is baie hartseer maar 'n realiteit."
"Eintlik net 'n oornagbestemming met goeie akkommodasie en eetplekke. Res van dorp vervalle."
"Doen jouself 'n guns en stop by die restaurant Inni Kraal - wonderlike kos en gesellige atmosfeer, na 'n lang pad is dit 'n wonderlike lafenis gewees."
"Colesberg is goed geleë as oornag bestemming vir reisigers tussen Gauteng en die Kaap. Die dorp, soos meeste ander in Suid-Afrika het duidelik uitdagings in terme van instandhouding van infrastruktuur, maar dis duidelik dat die inwoners hulle bes probeer om die dorp skoon en netjies te hou. Die dorp het 'n verskeidenheid restaurante, wat nogal verbasend is vir 'n plattelandse bestemming. Ons aandete was voortreflik - naby ons gastehuis geleë, billik geprys en baie goeie kwaliteit kos en antmosfeer. Wel gedaan, Colesberg."
"It's the perfect drive-through little town to catch up on rest. Die Plattelander restaurant serves great food."
"Colesberg is 'n redelike dorpie, maar mense is vriendelik, asook by die restaurante wat daar naby in die omgewing is. Voorwaar 'n lieflike tuiste vir langpad-reisigers."