Verified Reviews
De Rust
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in De Rust
Rated 4.5 out of 5 based on 418 reviews.
"Twee aande is miskien 'n goeie idee om meer 'n gevoel te kry wat daar aangaan. Daar is wel oulike kunswinkeltjies."
"Ons het meer net oornag en was glad nie in die dorp De Rust nie. Nie werklik die onmiddellike toerisme gaan verneem nie. Volgende keer! "
"De Rust is one of our favourite places to visit. Beautiful surrounding with Meiringspoort a short drive away. "
"Tipiese Karoodorpie waar daar nie veel gebeur nie. Dit is Ideaal vir 'n rustige wegbreek en die verbreking van jou dieet met die puik gebak en konfyte in die interessante winkeltjies. Pragtige omgewing met Meiringspoort as die hoogtepunt."
"De Rust has always been a favourite for me (it has nothing to do with the fact that I was born in Oudtshoorn). There is so much to see around De Rust and may places to enjoy a meal and a drink."
"Baie mooi dorpie. Ek het wel gevoel daar is 'n tekort aan 'n ordentlike eetplek in die dorp vir aandete."
"De Rust se potensiaal is nog by verre nie ontwikkel as toerisme bestemming nie. Dis 'n beeldskone dorpie met hope karakter en stories."
"De Rust is prentjiemooi met pragtige natuurskoon en baie interessante winkeltjies. Jammer van die klomp bedelaars wat mens lastig val sodra jy uit jou motor klim."
"Wou twee nagte bly maar moes besoek kortknip. Min mense op De Rust weet van Toorwaterpoort."
"De Rust is 'n klein dorpie met 'n voorraad natuurskoon sommer op die voorstoep. Genoeg winkeltjies om rond te snuffel. As ons net weer die spoorweë aan die gang kan kry, sal die groot lorries nie pla nie. (Nie net in De Rust nie.) Ons het lekker gekuier."
"Die paar winkels het verminder en sommige se goed te koop het afgeneem. Enigste moeite werd plek is Village Trading Post. Goedkoop en lekker geëet by Herrie se Plek. Baie lastig geval deur parkeraanwysers en bedelaars. Ons plattelandse gemeenskappe het drastiese ingryping nodig om opheffingswerk te doen. Kry mense regtig jammer!"
"Altyd vir my 'n lekker stop plek net buit Meiringspoort. Naby genoeg aan Oudtshoorn sonder om te voel asof mens in die stad is."
"Die dorpie De Rust bied goeie verblyf en interessante winkels en eetplekke. Daar is 'n vulstasie, maar die plek se voorkoms laat veel te wense in 'n mooi dorp soos De Rust waar baie besoekers aandoen. "