Geverifieerde Resensie
De Rust
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in De Rust bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 301 resensies.
"Very friendly folk. A must is coffee at Ray's and freshly made pastries at Karoo Rouge. They have a fantastic range of veldskoene in many colours. Lorraine will make you some awesome coffee. "
"Ons kon nie baie verken nie, maar die dorpie was oulik en die area is beeldskoon."
"Wat 'n pragtige dorp met die vriendelikste mense! Heerlike restaurant opsies en pragtige winkeltjies. "
"Vriendelike dorpsmense. Heerlike koffiewinkels en winkels het als wat jy mag nodig kry."
"Pragtige dorp. Rustig en skoon. Net jammer van die talle kinders wat bedel."
"De Rust is 'n baie oulike dorpie en beslis 'n goeie naweekplek om te gaan kuier. "
"Ons het die lieflike kortpad na De Rust gery. Oulike dorpie om deur te snuffel."
"Beste plekkie om ietsie te eet is by The Village Trading Post. Vriendelike diens en lekker kos."
"De Rust self bied nie teveel nie, maar dit is sentraal geleë en perfek om vir n dag deur te ry na Prince Albert, Oudtshoorn, George, ens. "
"Ons is ongelukkig vroeg uit en laat in. Kon dus nie veel van die dorp geniet of besoek nie."
"De Rust is 'n móét besoek dorpie, waar alles skoon en netjies is. Die vriendelikste, gasvry mense. Oulike restaurant en koffiewinkels. Pragtige natuurskoon."