Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 526 reviews.
"Kan jy glo dit is die eerste keer wat ek in Cullinan was en die dorpie is fantasties. Ek glo net Cullinan doen nie genoeg bemarking nie en dit sal baie hartseer wees as alles moet uitsterf - kyk net hoe het Parys begin blom. Cullinan julle moet plan maak."
"Die koste om die Groot 5 te besigtig teen R250 per dag is 'n groot jammerte, aangesien die tarief nie by navrae of bespreking genoem word nie. Thekwane Lodge aanvaar slegs kontant, geen kaartfasiliteite, dus was ons nie in staat om die groot diere te besigtig nie. "
"Cannot believe there is so much Wildlife to view, 1 hour away from Pretoria, a hidden gem."
"Dinokeng is a great small town that's perfect for a weekend away. We'll definitely be back! :)"
"Perfekte naweekwegbreek vir die stadsjapie. Die diens wat ons by die verskillende hekke en kantoortjie by Dinokeng ontvang het was baie vriendelik en behulpsaam."
"Baie lekker dorp om te gaan ontspan. Lekker eetplekke en klomp goed om mens mee besig te hou. Dis verseker 'n moet om te gaan besoek."
"Gaan besoek gerus Mystic Monkeys and Feathered Creatures Zoo. Dit is 'n wonderlike, skoon en netjiese privaat dieretuin met omtrent alle moontlike ape, voëls en wilde katte daar te sien."
"Ek het die "self drive route" baie geniet. Die paaie is pragtig en al die piekniekplekke is baie mooi toegerus en die badkamers is skoon en netjies. Die man wat die hek beman by die self drive ingang, is uiters behulpsaam en vriendelik. Dit is duidelik dat hy 'n passie vir die natuur het - ek sou maklik nog ure met hom kon gesels. Die bestuur van Dinokeng is besig om addisionele paaie in die self drive uit te lê - ek sal beslis weer soontoe gaan om die nuwe areas te besigtig. Dinokeng is 'n juweel - ek sien uit na my volgende besoek!"
"Interesting area - lots of history and obviously the underground tour of the Cullinan mine is a unique tourist attraction, as are all their little restaurants and gift shops leading to the mine entrance."
"Baie mooi, maar ek verstaan nie hoekom dit so baie kos om op jou eie deur die park te ry nie. Die park asem werklik heerlike wildtuin atmosfeer in. "
"Alhoewel ons nie veel diere gesien het nie, is Dinokeng werklik 'n lushof as toeristebestemming."
"Dinokeng is baie belowend. Sal dit baie graag weer wil besoek, maar dan sonder die gejuig en gejubel van ander gaste wat duidelik nie 'n bosveldervaring soek nie. Die self drive-kaart kort 'n opgradering - heelwat van die punte is nêrens op die kaart te siene nie. Mystic Monkeys 'n belewenis! Heerlik geëet by Ngata Lodge. "
"Beautiful location close to Jhb/Pta. The self-drive routes could be better marked at intersections, especially where the roads are unsuitable for sedans."
"Ons is vreeslik beïndruk met die model waarop Dinokeng werk. Ons is bang vir te veel rus kampe deur die groter Dinokeng gebied, maar dit was glad nie oorweldigend gewees nie. Dit het gevoel soos om deur die Wildtuin te ry, maar beter, want dis net hier by ons en nie so duur nie :)"
"Na 9 word alles opgerol - lekker stil kuierdorp met genoeg om te doen vir naweek."
"Not as many animals as in Pilansberg, but a very good weekend place for people from Gauteng."
"Dit is baie lekker om die Groot 5 so naby aan Johannesburg en Pretoria te hê. Daar is genoeg verblyfopsies om elke smaak en sak te pas. Ideale plek vir 'n naweekwegbreek in die bos."