Verified Reviews
Douglas
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Douglas
Rated 3.9 out of 5 based on 109 reviews.
"Douglas is 'n klein dorpie omring deur groen spilpunte. Dis 'n vriendelike gemeenskap met warm harte. Die heuningplaas en vriesperdestoet is 'n wonderlike uitstappie vir besoekers. "
"Besoek die wynkelder. Om 'n draai by die samevloeiing van die Vaal en Oranje rivier te maak met die pragskoon natuur is 'n moet."
"Douglas is 'n baie klein dorpie. Het by 2 plekke gaan eet. En diens was vreeslik sleg."
"Very cute little town. We enjoyed visiting the winery. People were very professional and friendly."
"Goed geleë vir riviersport en ook die samevloeiing van die Vaal- en Oranjeriviere. Daar is goeie verblyfopsies op die rivieroewers."
"Die samevloeiing van die Vaal- en Oranjeriviere is iets om te sien en behoort beter versorg en bemark te word. "
"We visited Douglas briefly, to buy firewood and to have a quick look around. We did not visit any tourist destinations, as we were staying in accommodation about 15 km away."
"Douglas het baie potensiaal, met die samevloeiing van die Vaal- en Oranjerivier. Maar niks is ontwikkel nie. Die dorp self is aangenaam met goeie kommersiële fasiliteite."
"Oulike dorpie - kan dalk 'n dokument saam stel oor wat alles in Douglas te sien is as 'n toeris."
"Het familie en eeue oue familie plaas besoek, dus nie op toerisme gefokus, maar dit was duidelik dat Douglas soveel meer van hul besienswaardighede kan maak. Die wynverkope sentrum was baie goed. Al die restaurante wat ons besoek het, was van goeie kwaliteit met redelike diens. Maar die toerisme besienwaardighede kan beter bestuur word. Min inligting oor die argeologiese, geologiese en meer onlangse historiese geskiedenis van die dorp is beskikbaar vir toeriste. Die neus se terrein is in 'n baie verwaalose toestand; wou graag na die gleteser baan op die Douglas/Prieska-pad besoek en het afgedraai by die aanwysingsbord maar die pad is nie regtig begaanbaar, met die spilpunt, nie i.e. pad was onder water a.g.v. 'n ernstige lek van die pype en het verdwyn na 'n tyd, 'n elektriese draad was ook so na aan die pad dat dit ons dit nie wou waag om daar verby te skuur en moontlik te skok nie. Ons het omgedraai sonder om die gletser baan te siene te kry. "
"Die dorpie het my verwagtinge oortref. Die baie water, groen grasperke en mooi tuine is vir ons Kaapenaars waar daar 'n tekort is aan water 'n vreemde verskynsel. Die inwoners van Douglas se besorgdheid en betrokkenheid by mense wat die dorp besoek is die groot bonus."
"Dit is jammer dat die samevloei van die Oranje - en Vaalrivier nie omskep word in 'n toeriste aantreklikheid nie."