Verified Reviews
Drakensberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Drakensberg
Rated 4.3 out of 5 based on 1674 reviews.
"Ons het 'n 40 minuut rit met Westline se helikopter gedoen. Die vlug rondom die pieke en die valleie gee 'n mens 'n heel nuwe ervaring van die oorweldigende landskap, en hoe klein 'n mens is!"
"'n Moet en 'n belewenis, daar is genoeg om jou besig te hou."
"Champagne Vallei was goed uitgerig. Hulle het 'n eetplek (pryse nie te sleg nie), hulle het 'n Chocolate Bar (pryse ook nie te sleg nie) en 'n klein winkel waar jy koeldrank en poskaarte en so kon koop."
"Pragtige area met lekker stap geleenthede vanaf Monk's Cowl en beperkte, maar baie oulike stapgeleenthede vanaf Champagne Castle Hotel en Drakensberg Sun."
"Regte plattelandse dorpie, stel voor mens koop maar klaar jou kruideniersware voor jy Fouriesburg toe gaan, daar is nie veel winkels in die dorpie nie."
"All attractions require a great deal of driving but if you are looking to just relax it is perfect."
"We were very impressed. Friendly and helpful people all around. Many places, restaurants, hikes, outdoor adventures and shops to visit and keep us entertained. All was in good order and alive with life."
"Klein plekkie, en het die nodige geriewe om jou verdere reis te stock. Dit is baie naby aan die Lesotho-grenspos - en 'n gemaklike oornagbestemming as jy op pad is na Lesotho toe. "
"Daar is nie veel om te doen nie, maar dis rustig en die uitsigte is regtig baie mooi. Daar is staproetes om te doen en gholfbaanrestaurante wat lekker koffie het."
"'n Ontspanne atmosfeer in Underberg. Vriendelike mense en 'n pragtige omgewing. Ons het 'n onvergeetlike naweek gehad en sal vir seker vir 'n langer periode daar gaan vakansie hou."
"Bergville self is maar klein en ietwat beperk ten opsigte van besienswaardighede. Dit het wel 'n goeie sentrale ligging en 'n heerlike restaurant, Bingelela. "
"Was net uiters teleurgesteld in Die Plaasstoep se pap en kaiings, dit was oneetbaar sout en al wat gesê was toe ons dit onder hulle aandag bring was jammer. Ek het letterlik honger daar weggery. "
"Rustige, plattelandse atmosfeer met uitstekende eetplekke en hopelik bly dit so, dit maak 'n wegbreek naweek net soveel meer besonders."
"Lieflike dorpie. Uitstekende Spar, kan alles daar koop, hoogs aan te beveel."
"Sommige van die paaie kort dringend aandag. Slaggate is nie ‘n toeris se vriend nie!"