Verified Reviews
Drakensberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Drakensberg
Rated 4.3 out of 5 based on 1674 reviews.
"'n Stukkie hemel. Werklik besonderse plekkie wat tot in die diepste van my wese gespreek het. "
"Dit wat ons gesien en beleef het was lekker. Ons het net oornag so ons het nie baie kon sien nie. Fietsry en visvang glo ek kan jou daar besig hou."
"Die dorpie is te besig en daars nie baie aanwysings nie. Dit kan nogal help. Please fix the potholes!"
"Pragtige dorpie met genoeg om te doen by plekke rondom die dorp. Sentrale dorpie om in te bly en dan verder rond te ry."
"Dit lyk nie of die Munisipaliteit moeite doen om die dorp skoon en in stand te hou nie."
"Fouriesburg is 'n pragtige Oos-Vrystaatse dorpie, wat deur berge omring word. Die ideale bestemming vir 'n kunstenaar-siel. Dis nie baie ver van Clarens af nie, net baie rustiger en stilte vir die siel!"
"Dorp lyk heel gaaf. Ons was te kort daar om dit behoorlik te geniet, maar gaan weer terug soontoe. "
"Fouriesburg is baie rustiger as Clarens en is baie sentraal geleë om Oos Vrystaat en Lesotho te verken. "
"Sentraal geleë in 'n pragtige landskap en die hart van die dorp klop in die Fouriesburg Country Inn."
"Oulike en geskiedkundige plekkie, net te min tyd gehad om alles te verken. Ons Sani Paas uitstappie was puik."
"Geluksburg het geen winkels, vulstasies of bankfasiliteite nie, maar is geleë aan die voet van die Drakansberge omring met 'n ryke geskiedenis, pragtige natuurtonele, staproetes, 4x4 roetes en 'n ryke voëllewe."
"Baie mooi area. Ingestel op toerisme, maar alternatiewe wat meer plaaslike winkels insluit ook beskikbaar. Park bied veilige staproetes in berge. Baie avontuurlike aktiwiteite beskikbaar, baie naby. Heerlike forel, heuning en brood oral te koop."
Northern Drakensberg, Drakensberg
Dumbe Cottages"Naby genoeg aan Johannesburg vir 'n naweek wegbreek."