Verified Reviews
Drakensberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Drakensberg
Rated 4.3 out of 5 based on 1674 reviews.
"Goed geleë en naby baie besienswaardighede ten opsigte van ons land se geskiedenis en die Drakensberge. "
"Pragtige omgewing, al het dit gereën en ons nie die berge kon sien nie. Baie plekkies om te besoek."
"Ongerep, minder "Hermanus" as bv. Clarens, maar naby alles. Goeie opsie vir diegene wat Lesotho wil besoek, omdat dit so naby is aan die grens en klomp ryery uitskakel, daar is nie groot winkels en apteke nie, so maak maar seker jy het skaars persoonlike items, goeie slaghuis, so kry jou vleis daar."
"Lyk na 'n lekker dorpie. Sentraal op die kruising na die Sentrale Berg area."
"Ons verblyf was te kort, het nie die keer Fouriesburg self besoek nie, maar op grond van 'n vorige besoek is dit 'n mooi dorp."
"Die paaie is goed, maar dit neem redelik tyd om langer afstande af te lê, agv kronkelende paaie deur 'n baie mooi landskap, met baie om te sien."
"It was my first time in Underberg, really small town. We bonded as a family, watched DVD's and talked. The people are friendly and the landscape is breathtakingly beautiful."
"Die mense is almal so vriendelik en behulpsaam en die dorp is ook baie netjies, skoon en definitief baie veilig."
"Bergville die dorpie is redelik swak. Sal nie daar wil bly. Bietjie vervalle."
"Gaan besoek die plekkie. Fantastiese Spar! 'n Oase! Vriendelike diens ontvang. Indien jy 'n 4x4 het gaan besoek sani-pas! Belewenis! "
"Baie klein dorpie, maar dis special en dis hoekom 'n mens dit besoek en dis naby al die res van die aantreklikhede soos Clarens waaroor die vrouens mal is. As jy bike ry soos ons ook doen is die paaie rondom Clarens-Fouriesburg-Golden Gate awesome paaie om te ry met 'n motorfiets."
"Fouriesburg is so not my cup of tea. Die natuur is pragtig en ons kon nie genoeg van die vars lug kry nie maar Fouriesburg is regtig baie klein en ons het gesukkel om 'n winkel te kry om benodighede wat ons vergeet het te koop."
"Goed geleë maar groot inkopiesentrum wat leeg staan 'n bekommernis oor groei van dorp."
"I think Fouriesburg is a great launching pad for Lesotho and Clarens. I would recommend Fouriesburg to anyone looking to stay in that part of the country. It is very quiet and rural, with no hustle and bustle, which would suit travelers who don't want the busy environment of Clarens."
"As 'n mens stilte wil hê, dan is dit die regte plek. Dit is 'n baie baie klein plekkie, maar tog gerieflik naby ander besienswaardighede geleë."
"Besoek liewer in lente of somer vir talle "events" soos kanovaart, fietsry, perdry, stap, Sani pas, ens."
"Het maklik reggekom met inkopies vir die aand. Sal ook weer aandoen by Eskort se vleisverkope; goeie pryse!"
"Van Underberg is daar verkskeie pragtige roetes om te volg na die suidelike Drakensberge, Howick en die Midlands Meander."
"Die plaaslike Spar (en vars broodjies) was beslis 'n verassing. Volledig en goeie voorraadkeuse."
"Ons uitsig vanuit die Birdsong Cottage was droomagtig en ons kon sit en staar na buite vir die hele week, maar daar was egter so baie om te doen in die vallei, dat daar baie min tyd vir droom was. Van Westline Aviation se sjampanje stop met hul helikopter bo op die berg, tot die opwindende Drakenspeak Zip lining combo met die kinders (3 en 5 jaar) was definitiewe hoogtepunte. Selfs abseiling is aangedurf. Die "Birds of Prey" se opvoedkundige vertoning by Falcon Ridge kan ook aanbeveel word. Natuurlik was die Drakensberg Seunskoor konsert ook van die hoogtepunte wat ons nooit sal vergeet nie. Birdsong Cottage was binne 15 min se bereik van al die aktiwiteite. Die Valley Bakery was ons gunsteling plekkie om te eet, met vars croissants en hope speelplek vir die kinders."
"We had a great hike up to the Nandis Falls and loved our visit to Falcon Ridge."
"Goed geleë, interessante snuisterye-winkels en restaurant. 'n Juweel in die herfstyd vir fotografie, pragtige omgewing."