Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10323 reviews.
"Addo Nationale Park is baie gewild en ontvang baie besoekers, Suid-Afrikaners sowel as buitelanders, en nie almal kan in die park se akkommodasie bly nie. Daarom moet die omliggende area verbeter, veral die paaie. Die strate in en om Addo het beslis agteruitgegaan die afgelope jaar en mens moet baie versigtig ry om al die slaggate te vermy, wat ook nie altyd moontlik is nie. Daar is 'n paar nuwe blyplekke wat tot stand gekom het."
"Baie mooi en rustig. Ons het dadelik tuis gevoel en ons beslis 'n stukkie van die Karoo herinneringe by ons teruggebring! Ervaring was aangenaam en die dorp is besonders mooi. Het ons verstom aan die mooi en baie kerke op die dorp."
"Pragtige dorp terwyl Vallei van Verlatenheid die dam en die dorp uitstekende fietsry/stap geleenthede bied. Inligting oor dorp dws begraafplase/skole en museums het ek nie by gastehuis gekry nie maar glo dit is beskikbaar by infosentrum. Ek dink dit kan beter bemark word as oornag/toeriste bestemming waar mense meer as een nag moet slaap!"
"Ons het dit geniet en die strand was skoon en veilig. Daar was 'n hele klomp goeie restaurante maar die dorp was stowwerig met rommel en informele straat stalletjies."
"Dit was ons eerste besoek aan Oyster Bay, ons het lekker gerus en dit was beslis die moeite werd gewees. As daar een negatiewe kommentaar is oor Oyster Bay dan is dit die plus minus 18km grondpad vanaf Kaap St Francis se kant of plus minus 25km grondpad vanaf Humansdorp se kant af. Ons het so min as moontlik rondgery vanwee die grondpad."
"Het alle fasiliteite in die area: dokter, winkels, 'n Steers en die beste die strand binne stap afstand en vanaf sommige huise 'n uitsig van die see. Fantasties!"
"Somerstrand is 'n lekker toeristebestemming. Ons sal weer na die omgewing gaan."
"Graaff Reinet is goeie toeriste bestemming en verdien meer as net een dag. Marino slaghuis se droëwors kan nie gewen word so ver ons al geëet het nie."
"Benodig nog sitplek vir die mense wat nie strand toe gaan nie, maar wat wil net sit en kyk vir die see. "
"Uitstekende strand en swemarea. Mooi rivier uitmonding wat ideaal vir kinders is."
"Kaap St Francis is beeldskoon en absoluut 'n wonderlike bestemming. Die Hawe personeel is maar nie van die vreindelikste ouens nie en ook nie baie behulpsaam met opsigte tot die verskaffing van informasie nie. Vir vakansiegangers wat van enige deel van ons land kom behoort dit duidelik te wees dat hulle vooraf reëlings behoort te maak indien hulle Saterdag na 1 daar aankom dat hulle nie gehelp sal word voor Maandag nie. "
"Pragtige plek was al 2 keer voorheen daar en sal definitief weer Nieu-Bethesda besoek."
"Merk van straatname sodat die inligting leesbaar is, sou aanbeveel kon word. Raak rof as mens moet raai wat daar in wit op 'n ligblou agtergrond geskryf staan."