Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Verified Reviews

Eastern Free State Highlands

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Free State Highlands

Rated 4.6 out of 5 based on 4812 reviews.

Clarens, Eastern Free State Highlands

Aspen Guest House

"As jy nog nie daar was nie moet dit op jou bucket list kom. Dit is 'n merkwaardige mooi dorpie, baie besienswaardighede, lekker eetplekke, asemrowende natuurskoon. Absoluut die moeite werd om te besoek."

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

Oranje Guest Farm

"Fouriesburg is 'n pragtige dorpie en het definitief potensiaal vir 'n wonderlike toerisme bestemming."

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

Pumula Guest Farm

"Good places to eat out, including Christmas dinner. Really peaceful, not too commercialised. "

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

The Farm House @ Mont Plaisir Guest Farm

"Daar is nie ordentlike kruideniersware winkels nie. 'n Paar kafees en 'n algemene handelaar. Naaste dorpe met kettingwinkels is Betleheme of Ficksburg en Clarens."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Clarens Valley Lodge

"Fantastiese plekkie vir enige iemand om te besoek. Oulike winkels en heerlike restaurante. Dit is 'n sprokies dorpie."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Fairview Cottages

"Dit was vir my regtig besonders dat Clarens op Kersdag tot stilstand gekom het. Skaars 'n motor gesien, behalwe voor die kerk. Die diens was stampvol (ons was by die 10 vm een) en die voorbereiding daarvan absoluut fantasties. Hulle het baie moeite gedoen en ons het dit opreg waardeer. Dankie aan almal wat betrokke was!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

God's Gift Self-catering Cottage

"Vir veral kunsliefhebbers 'n paradys en die natuur is so mooi. "

Clarens, Eastern Free State Highlands

Mont Rouge

"As gesin keer ons gereeld terug na die skilderagtige dorpie."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Mon'Amie

"Die winkeltjies is asemrowend!"

Fouriesburg, Eastern Free State Highlands

Karmel Guest Farm

"Die dorp was 'n teleurstelling. Die plaas, Clarence en Golden Gate is puik!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

La Bri

"Welcoming community. Feels like home."

Clarens, Eastern Free State Highlands

La Bri

"Juweel van 'n dorpie en so skoon. "

Clarens, Eastern Free State Highlands

V'Kansi Khaya

"Baie mooi dorpie omring met berge en almal vriendelik. Mens moet net besef omdat dit gewild is, is die koste van uiteet, inkopies ens. nie goedkoop nie."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Clarens Valley Lodge

"Altyd die moeite werd om 'n paar dae hier te vertoef. Hier is iets vir almal om te doen. In die kostelike dorpie is daar baie winkeltjies om in te kyk, heerlike restaurante om in te eet en moenie vergeet van Clarens se eie brouery met 'n wye verskeidenheid biere om te proe. As jy genoeg gehad het van winkels, is daar ook baie aktiwiteite vir die avontuurlustiges. Zip-line deur die bome of witwatervlotry af met die Asrivier wat jaarom water in het as gevolg van die Caledon-watertonnel vanaf die Katsidam in Lesotho. Net 'n paar kilometer buite die dorp is ook die pragtige Golden Gate met staptoere en rytoere. So 'n pragtige deel van ons land!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Forest View

"Te min algemene winkels. Kort 'n Spar of 'n OK of Pick 'n Pay of so iets. Die algemene handelaar het monopolie en alles is belaglik duur."

Clarens, Eastern Free State Highlands

164 Church Street

"Altyd heerlik! My kinders en kleinkinders het ook op die dorp gebly. Ons het lekker in die winkeltjies rondgekyk, vars gebak gekoop by die bakkery, koffie gedrink en 'n bier of twee gedrink by die brouery. Verder het ons gezip-line deur die bome en seker die beste ervaring was die witwatervlotvaart af met die Asrivier. 'n Avontuur vir oud en jonk. Ek beveel die dorpie sterk aan. Altyd iets om te doen en geleë in so 'n mooi omgewing. Moenie vergeet dat Golden Gate ook net om die draai is! "

Clarens, Eastern Free State Highlands

Jovali

"Fantasties, skoon en almal is baie vriendelik."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Bella Vista

"Pragtige plek en 'n die omgewing is so mooi en kalmerend op 'n persoon. Hemels."

Clarens, Eastern Free State Highlands

By the Way Guesthouse

"Pragtige toeriste aantreklikheid. So rustig, veilig en vriendelik. Voorwaar 'n aangename belewenis."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Mt Horeb Manor

"Keep up the unique offerings."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Mont Rouge

"Lekker eet plekke en bier."

Clarens, Eastern Free State Highlands

Arundel Studios

"Nie vreeslik baie om te doen buiten drink en lekker eet nie, maar dit is 'n pragtige bestemming vir 'n vinnige wegbreek!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Cottage Pie

"Fabulous town which is very well geared towards visitors with excellent restaurants and a lovely, easy-going lifestyle. The cheese deli is a must!"

Clarens, Eastern Free State Highlands

Fairview Cottages

"Daar is baie om te doen en te ervaar. Mens moet werklik 'n paar dae daar bly om meer van die aktiwiteite te ervaar en uit te probeer. Mooi omgewing en baie skoon lug. "

Page
Page 100 - Showing 2971 to 3000

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers