Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 17856 reviews.
Betty's Bay, Escape From Cape Town
Protea Cottage"We loved the peace that surrounded us. The locals are very friendly. The views are breathtaking everywhere you go."
"Pragtige, ou geboue en huise oral in die dorp. En die groot, ou eikebome dra by tot die karakter van die dorp. Net jammer dat daar op Saterdagaande resies gejaag word met motors in die hoofstraat."
Struisbaai, Escape From Cape Town
12 on Cooper at Agulhas"Struisbaai sal altyd my nommer1-kampeerplek wees. Ek kies ook die see omdat dit die suidpunt van Afrika is."
Worcester, Escape From Cape Town
De Bergen"My "hometown" was regtig lekker om weer 'n slag daar te kuier. Werklik 'n alles in een geraak. Nie nodig vir stad toe gaan nie."
Swellendam, Escape From Cape Town
Elianthe's Guest House"Restaurante is sentraal geleë. Drostdy Restaurant is definitief 'n moet."
Hermanus, Escape From Cape Town
Beach Cottage 2"Hermanus bly maar eenmaal uitstekend! Die rustigheid en pragtige see-uitsig bring 'n heerlike kalmte vir die gees. Dis altyd lekker om hierheen te reis om jou batterye van lewe weer te vervul. Mens verlaat Hermanus met 'n nuwe gesindheid en word weer lus vir die lewe!"
McGregor, Escape From Cape Town
Maggie's Gift"A lovely breakaway to go an actively do nothing - what a blast. "
Paternoster, Escape From Cape Town
Bokkoms Guest Flat"Vriendelike en witty mense wat op Paternoster bly. Die dorpie is nog ongekunsteld en het restaurante met die mees fantastiese seekos. Oulike winkeltjies. Lekker lang strand om op te stap en 'n bonus is dat honde los kan rondloop. Bykans alle restaurante is troeteldiervriendelik."
Witsand, Escape From Cape Town
Joune"Witsand is pragtig. Dit is ideaal vir vissermanne, stappers, swemmers en enigiemand wat net wil rus. Nella se winkel is pragtig vernuwe en die nuwe restaurant oorkant Nella se winkel is tops."
Paternoster, Escape From Cape Town
Jongnooientjiesfontein"Dit bly 'n juweel, en mens hoop dat dit nie 'n oorvloed van mense gaan kry soos ander Weskusdorpe wat net pryse laat styg nie."
Greyton, Escape From Cape Town
4 on Regent"Greyton is 'n lekker plek om vir 'n rustige naweek weg te gaan. Baie lekker eetplekkies en gallerye om te besoek."
Paternoster, Escape From Cape Town
Just Rest"Paternoster is 'n bekende trekpleister vir toeriste en die winkels/besighede/restaurante misbruik dit. Die produkte in Die Winkel in Paternoster is buitensporig duur. Die konfyte en ander produkte in die winkel is dubbeld so duur soos in ander buurdorpe. Die restaurant langsaan die teater was die enigste eetplek in daai omgewing wat oop was op 'n Maandag tydens die skoolvakansie. Die diens was uiters swak, van die toeriste het opgestaan en geloop aangesien die kelners nie belangstelling getoon het om hulle te bedien nie. Ek self het 15 minute gewag om my rekening te kry en moes self vir dit gaan vra het. Daar is baie omliggende dorpies met dieselfde bekoring as Paternoster en heelwat goedkoper winkels en vriendeliker mense."