Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 28270 reviews.
Paternoster, Escape From Cape Town
Kairos"PRAGTIG MAAR STRAND-AREA ONGELUKKIG VUIL EN BAIE SMOUSE EN DAAROM GEMIDDELD."
Paternoster, Escape From Cape Town
Neptunus 1"'n Pragtige dorpie wat ongelukkig vernietig word deur misdaad."
Klapmuts, Escape From Cape Town
Bona Vista Self-Catering Accommodation"'n Klein plekkie wat nog tot iets groots gaan ontwikkel. "
Wellington, Escape From Cape Town
La Rochelle"Dit was my eerste besoek aan Wellington. Een woord: Asemrowend!"
Van Riebeeckstrand, Escape From Cape Town
Island View F5"Die opeenhoping van besope mense in die omgewing van OK Foods is jammerlik en jaag beslis mense weg. Die strand op sigself is lieflik met heerlike lang en oop stapbare strande."
Greyton, Escape From Cape Town
Owl Lodge"As die mense wakker is en lus is om hul deure vir voornemende kliënte oop te maak, is dit n paradys. As hul nie lus is nie, is dit die mooiste spookdorp is Suid-Afrika."
Langebaan, Escape From Cape Town
Rustic Apartment"Te min om te doen met tienerseuns in die winter, maar ek glo 'n somervakansie sal super wees. "
Franschhoek, Escape From Cape Town
Centre-Ville Guest House"Dit was nie vreelik lekker om skemertyd, na aandete, rond te wandel nie. Die boemelaars was bietjie lastig. Twee van die plekke se diens was ook nie watwonders nie. Illy koffiewinkel het tekere gegaan omdat ons met 'n vaste R100 betaal vir 'n koffie en hulle het nie kleingeld nie. En by Bon Bon wag ons tot vandag nog vir die middagete spyskaart. Verder was die dorpie pragtig, met 'n rustige atmosfeer."
Swellendam, Escape From Cape Town
30 Lichtenstein"Dit is 'n pragtige en skoon dorp. 'n Mens voel baie veilig om daar rond te loop. Die inwoners is baie vriendelik en hulpvaardig."
Paternoster, Escape From Cape Town
Roosmarijn Guest House"Paternoster se besighede wat op vakansiegangers toegespits is, is oor die algemeen duur, veral restaurante. Ek dink die pryse kan beter vergelyk met die ander dorpe in vakansieplekke. Dit sal verkope ook baie aanhelp. "
Greyton, Escape From Cape Town
Greyton Lodge"Meeste winkels was Maandag gesluit. Ons het egter een van die eienaars geskakel en sy was so gaaf om die kunswinkels vir ons oop te sluit. Genadendal uitstappie is en behoort op almal se 'bucket list' te wees."
Paternoster, Escape From Cape Town
Soli Deo Gloria Unit 2"Bietjie bekommerd oor winkels - het vir ons 'n jaar terug baie beter voorraad gedra. Praat van winkels van ingang na Paternoster en hotel."
De Kelders, Escape From Cape Town
The Stone House"It is a bit of a drive but totally worth it and very beautiful and peaceful."
Still Bay, Escape From Cape Town
Bosbokduin Cottages - Lee and JJ's Beach House"Stilbaai is 'n pragtige plekkie en ons sal weer daar gaan vakansie hou."
Jacobs Bay, Escape From Cape Town
21 C View"Jacobsbaai is 'n rustige, veilige juweel wat hopelik nooit ontdek word nie. Alhoewel ver van Kaapstad is die Weskus Inkopiesentrum en Vredenburg naby vir enige inkopies. Die kafeetjie in Jacobsbaai doen moeite om te help met basiese kruideniers waarvoor 'n mens nie wil Vredenburg toe ry nie. Daar is nie laekoste woonbuurtes of 'n deurloop van ongewenste elemente nie, wat Jacobsbaai vir my ver bo plekke soos Langebaan, Paternoster, Saldanha, St Helenabaai en Veldrif sit."
"Ceres is a great destination, but lacks slightly in good restaurants."
Paternoster, Escape From Cape Town
Paters Haven BnB & Self-Catering"Dit groei teen 'n vinnige tempo, maar die atmosfeer bly dieselfde"
Wellington, Escape From Cape Town
Olifantskop Cottage"Stellenbosch, Paarl en Franschhoek die meer bekende wynlandgoedere, maar Wellington staan geensins terug nie en het ook historiese besienswaardighede. "