Verified Reviews
Escape From Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Cape Town
Rated 4.6 out of 5 based on 28270 reviews.
Montagu, Escape From Cape Town
Bon Accord Farm Cottages"Sentraal om verskeie wynkelders en ander toeriste aantreklikhede te bereik."
Sandbaai , Escape From Cape Town
Ocean Song Self Catering"Kan veilig voel in die omgewing en selfs in besige tye is daar baie spasie. Kan moontlik wees dat daar baie min sand areas en plek vir swem is. Ligging is baie goed en kan maklik beweeg na swemstrande. Kan self sover as Kaapstad besoek sonder dat dit te ver is."
McGregor, Escape From Cape Town
Tindall Cottage"Ons gaan elke Desember om die oujaarsaand "Dinner and Dans" by Temenos te vier, en om 'n vroegoggend stap in die vars lug te geniet. Baie netjiese dorpie."
Agulhas, Escape From Cape Town
Potpourri Stay"Absoluut pragtig. Maak net seker om ook 'n draai te maak op een van die strande in Struisbaai."
Montagu, Escape From Cape Town
Mountain View Lodge Montagu"Dis heerlik stil en die vallei is baie mooi. Die toerismeburo kan meer doen om alle besienswaardighede en aktiwiteite in die omgewing op hul webwerf te promoveer. Dit sluit restaurante, wynplase (proelokale oop vir die publiek en tye), akkommodasie, winkels, padstalle, ens in. Dit help om te weet wanneer wie (werklik) oop en toe is. Moes baie rondbel om uit te vind. Die webwwerf is goed, maar kan verbeter. Kon meer hulpvaardige inligting vanaf Trip Advisor en sekere brosjures by blyplekke kry. Montagu moet iets doen om hul uitstallings in die museum (sendingkerk) bietjie meer aantreklik te maak. Dit is interessant, maar die voorlegging kort werk. Montagu is lieflike plek, sal weer terug gaan, maar net nie weer tydens 'n hittegolf nie."
Agulhas, Escape From Cape Town
Potpourri Stay"Almal behoort een keer in 'n leeftyd die hoogtepunt te besoek."
Hermanus, Escape From Cape Town
Bijou Hermanus"Hermanus is a divine little town and we have fallen in love with the Western Cape!"
Montagu, Escape From Cape Town
360on62 Mountain View Farm Cottages"Pragtige skoon dorpie, waar 'n mens alles kry wat jy nodig het: 'n wassery, 'n gesondheidswinkel, lekker restaurante, veral Rambling Rose. Sal weer gaan. Die natuurskoon is asemrowend!"
Hermanus, Escape From Cape Town
Mossieslane 5"Hermanus is 'n juweel van 'n plek. Daar is soveel strande en swemplekke om te ontdek. Heerlik om fiets te ry. Baie staproetes. Wynproe, heerlike eetplekke. Ons love Hermanus!"
Velddrif, Escape From Cape Town
Kuifkopvisvanger"Netjies,skoon, 'n baie onbekende bestemming wat rustigheid en baie gasvyheid bied!"
Montagu, Escape From Cape Town
Anchorage Inn Guesthouse"Pragtige dorp. Bo aan my lys van gunstelinge!"
Paternoster, Escape From Cape Town
Roosmarijn Guest House"Paternoster is iets waaroor jy nog altyd gedroom het. Klein Griekeland."
Citrusdal, Escape From Cape Town
Piekenierskloof Mountain Resort - Dream Resorts"Dalk 'n plekkie vir toeriste om onder afdak / sambreel en stoel te sit en koeldrank te geniet."
Bot River, Escape From Cape Town
Robyn's Nest"Great burgers, beautiful wine estate and a good base to reach places like Grabouw, Hermaus and Kleimond."
Swellendam, Escape From Cape Town
Guesthouse LaRachelle"Baie lekker plek, Swellendam is 'n gereelde bestemming van ons en ons sal beslis weer terugkeer!"
Stanford, Escape From Cape Town
Stanford Hotel"Die dorpie self was 'n belewenis en daar is heelwat te doen in die omgewing en dis net 23km vanaf Hermanus."
Blouwater Bay, Escape From Cape Town
St. Claire Self-catering Cottages (old)"Ons love Blouwaterbaai."
Robertson, Escape From Cape Town
theLAB Lifestyle Robertson"Dis 'n pragtige omgewing met heelwat besienswaardighede wat ons gaan ondersoek het. Goeie wynplase in die omgewing asook 'n groot inkopiesentrum en die klein, nabygeleë dorpies is interessant om te besoek."
Bredasdorp, Escape From Cape Town
Victoria Hotel"Bredasdorp is 'n uiters veilige bestemming (ons motor het in die straat gestaan sonder dat iemand daar gepeuter het). Hou van die kerkklok wat nog in 'n werkende toestand is - lui elke 15 minute soos van ouds. Daar is nie veel te doen op die dorp self nie. Maar die ligging is ideaal - naby Napier, Waenhuiskrans/Aston, Struisbaai, Aghulas, Baardskeerdersbos en ander interessante plekke. "
Paternoster, Escape From Cape Town
Roosmarijn Guest House"Mooi plekkie en hou altyd daarvan om terug te gaan soontoe."
Paternoster, Escape From Cape Town
Roosmarijn Guest House"Besighede buit mense uit met hul pryse. Pryse is soms onrealisties hoog veral vir die middelklas vakansieganger. "
Yzerfontein, Escape From Cape Town
Kon-tiki Cabin"Yzerfontein is 'n lieflike dorpie. Rustig, stil met geen toestroming en vertrapping van mense op die strand nie. "
Montagu, Escape From Cape Town
The Vineyard Country House"Restaurante is klein en maak redelik vroeg saans toe. Jy gaan honger slaap indien geen bespreking vir aandete gemaak is nie."