Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Map

Verified Reviews

Escape From Johannesburg

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Johannesburg

Rated 4.2 out of 5 based on 8306 reviews.

Dinokeng, Escape From Johannesburg

OuKlip Game Lodge

"Dit is ongelooflik om te dink hierdie stukkie hemel lê 'n uur weg van Pretoria. Dis soos om 'n smakie van die Kruger op jou voorstoep te hê. Die reservaat was skoon en vry van besoedeling van wat ons kon sien. Daar is meer as genoeg ander diere om te sien indien jy nie so gelukkig is om die Groot 5 te kan sien nie. Die "self drive" paaie wat mens ry om die wild te sien is in baie goeie toestand en enige gewone kar kan met gemak deur die hele reservaat ry. Ons was baie in ons skik met Dinokeng en sal beslis weer vir n nw daar gaan draai maak of net een oggend oor 'n naweek vroeg deurry en die dag daar gaan spandeer."

Dinokeng, Escape From Johannesburg

De Kleine Serengeti Game Lodge

"Wye verskeidenheid dierelewe wat ongeërg wei langs die pad of voor jou venster. Natuurskone uitsigte so ver as wat jy kan sien."

Garsfontein, Escape From Johannesburg

Le Sage Guest Flat

"Everything one may need is within walking distance, especially if it is a business trip!"

Die Bult, Escape From Johannesburg

The Gallery

"Ons wil graag weer kom, want 'n naweek is te min tyd. Die wat ons gesien het, maak ons lus om vir 'n week of twee te kom om alles te sien. "

Faerie Glen, Escape From Johannesburg

425 on Wisteria

"Baie rustige en veilige area."

Dinokeng, Escape From Johannesburg

Elwanu

"A little pricey, but do visit the local Spar, freshest produce and their bakery is fully stocked with thee most yummiest cakes and treats. The local hot spot "street" in Cullinan is also overrated - exorbitant prices for "other peoples junk" - art is in the eyes of the beholder."

Parys, Escape From Johannesburg

KayanZee Lodge

"Gedeelte van dorp waar daar nie toeriste winkels is nie. word erg verwaarloos."

Schoemansville, Escape From Johannesburg

Palm Valley Inn & Conference Centre

"Pragtige natuurskoon en rustige atmosfeer met baie doendinge in die nabye omgewing."

Parys, Escape From Johannesburg

Mistique Waters

"Ek en my man is gereelde besoekers aan Parys en bly gewoonlik oornag of vir twee aande. Akkommodasie is oor die algemeen van 'n hoë standaard. Die een ding wat ons opmerk is die agteruitgang van die strate en sekere geboue, bv. die publieke kliniek en die "Independent Electoral Committee" kantore."

Potchefstroom Central, Escape From Johannesburg

Camelot Guest House & Apartments

"Lieflike, boomryke en geskiedkundige ou dorp. Mens voel onmiddellik tuis daar."

Pilanesberg National Park, Escape From Johannesburg

The Kingdom Resort

"Baie rustige omgewing. Teerpaaie kort bietjie aandag. Grondpaaie was nie te sleg nie. Hou duim vas dat dit gou daar lekker sal reën."

Grimbeek Park, Escape From Johannesburg

Yenfie B&B

"Ideal vir stad se toerisme."

Parys, Escape From Johannesburg

Boden's Nest

"Parys is 'n pragtige dorp vol lekker dinge om te doen en altyd 'n besoek werd. "

Dinokeng, Escape From Johannesburg

Bushveld Rose

"Nice place to visit, I think I will go again."

Parys, Escape From Johannesburg

Otters' Haunt

"Interessante dorp en lekker naweek wegbreek."

Hartbeespoort, Escape From Johannesburg

St. Hubertus Lodge

"Ek het my vroutjie soontoe gevat vir ons 10 jaar huweliksherdenking en ons het dit regtig baie geniet. Daar is baie aktiwiteite. Ons het gaan quad bike ry, river rafting gedoen, zip lining gedoen en op die laaste dag by Cradle Health Spa spandeer. Dit was omtrent 'n fantastiese naweek gewees. "

Erasmus, Escape From Johannesburg

Lil's Place Guest House

"Baie rustig. Netjiese dorp, ek wil daar gaan bly."

Shere, Escape From Johannesburg

Mountain Manor Guest House and Day spa

"It's a very cool and quiet out of town experience. It gives you a relaxed feeling."

Brits, Escape From Johannesburg

Dassie Paleis

"Baie lekker area, gerieflike afstand van Harties af."

Muckleneuk, Escape From Johannesburg

Waterhouse Guest Lodge Muckleneuk

"Muckleneuk is baie naby aan die middestad van Pretoria en die spoorlyn. Was skrikkerig om in die aand rond te beweeg, maar die area is boomryk en netjies."

Parys, Escape From Johannesburg

The Danes on Vaal

"The town has transformed so quick, I loved what I saw."

Shere, Escape From Johannesburg

Mountain Manor Guest House and Day spa

"Die area is goed geleë vir oorslaap na 'n troue of partytjie aan die verre oostekant van Pretoria, maar as 'n gemeenskap moet hulle die instandhouding van die grondpaaie prioritiseer."

Dinokeng, Escape From Johannesburg

Lakeview Cottage

"Het gaan stap op 'n wildsplaas daar, maar ek hoor daar is baie wildplase met karavaangeriewe en dit is baie naby vir 'n naweek wegbreek."

Page
Page 175 - Showing 5221 to 5250

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers