Verified Reviews
Escarpment
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escarpment
Rated 4.4 out of 5 based on 1579 reviews.
"Gerieflik naby aan Gauteng. Lekker verskeidenheid winkels en eetplekke. Ideale naweekbestemming."
"Die atmosfeer in die dorpie is heerlik en daar is baie om te sien en doen. Ons sal vir seker weer gaan kuier. Dit bied 'n verskeidenheid eetplekke en die mense is baie vriendelik."
"Besondere dorp, maar paaie in 'n haglike toestand soos elders in die land."
"Afgesien van al die straatverkopers wat partykeer jou kan lastig val, bly dit nogsteeds een van die gewildste dorpies om oor 'n naweek te besoek."
"Ons was verstom oor die agteruitgang van die paaie in Dullstroom. Soos altyd lekker vis gevang en gekuier."
"Heerlike wegbreek met lekker restaurante. Bid dat hul sal oop bly en deur al die inperkings sal kan oorleef."
"Dullstroom is a great area to visit and a must for those who have not visited as yet."
"Bergfiets, perdry, trout-damme by die hope, kleiduifskiet, en natuurlik eet-, drink- en kuierplekke."
"Fun, but slightly expensive shops and restaurants. The Birds of prey centre was definitely the highlight."
"Baie om te sien in die omgewing. Gaan ten minste vir 'n week of langer om al die plekke te besoek. Dis ongelooflik."
"Everything is great and the people are awesome, but the constant heavy truck traffic along the main Dullstroom road makes it very unpleasant to try and enjoy any of the great restaurants."
"Dullstroom is puik. Geslote parkering is 'n moet. Kan nie voertuie buite laat vir diefstal nie."
"Baie vriendelike toeristedorpie, restaurante was almal goed, bietjie gesukkel om behoorlike vleis te kry om die braai. Die Lebamba-supermark in die begin van die dorp was die beste in die dorp. Die biltongwinkel langs die supermark het ook goeie, gevriesde, slaghuis-vleis verkoop wat baie lekker was, so ons kon darem ietsie braai. Old Transvaal Inn het baie lekker melkskommels gehad, en ook 'n oulike speelgoedwinkel. Baie lekker ontbyt gehad by Pickles and Things. Stel voor julle besoek die Dullstroom Bird of Prey & Rehabilitation Centre, 1km buite die dorp. Dit is regtig fantasies, hulle demonstrasies in die oggend en agtermiddag met die valke en uile was fantasties (ons het twee keer gegean) Hulle doen uitstekende werk met die rehab van roofvoëls."