Verified Reviews
Escarpment
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escarpment
Rated 4.4 out of 5 based on 1579 reviews.
"Ons het die dorpie en sy mense terdeë geniet. Lekker kuierplekke en oral was ons soos ou kennise ontvang. Die Dullstroom Inn se oxtail is 'n moet vir almal. "
"Altyd lekker om daar te kuier. Uiteindelik ook ordentlike koffie beskikbaar by Pickles and Things."
"Dullstroom is 'n pragtige plek. Natuurskoon is asemrowend mooi, en die winkeltjies bied 'n groot verskeidenheid. Bird of prey sentrum 'n absolute moet om Te besoek. Sal definitief weer in Dullstroom gaan kuier. "
"Interessante winkels om te bekyk. Meer as genoeg eetplekke om van te kies. Die strate tussen die huise is net bietjie baie klipperig!"
"Ons geniet dit om Dullstroom te besoek en het weer daar tuis gegaan in Peace Corner. Baie lekker verblyf en veilige parkering. Baie oulike restaurant en winkels."
"Dit is 'n baie aangename dorpie, waar die pas heelwat stadiger is as die stad. Ons kom definitief terug."
"Was in Waterval Boven gebore, die plek het bietjie agteruitgegaan vandat ek daar weg is, maar bly nog vir my 'n plek waar ek sal dink om te gaan bly."
"Dullstroom is 'n heerlike woelige naweek dorpie wat vol gees en vriendelike mense is. Die tipe besighede pas goed aan by die dorpie se atmosfeer en is gefokus op die toeriste-bedryf. Die dorpie vertoon skoon en netjies. Alles en alles, 'n ideale naweek wegbreekdorpie."
"Waterval-Onder het nie veel om te offer as 'n toeriste-bestemming nie, maar daar is baie oulike plekke nie te ver van Waterval-Onder af nie."
"Ons het die volgende oggend gou deur die ou tonnel gestap tot by die waterval. Dit was 'n belewenis. Net jammer die fasiliteite by die tonnel is so verwaarloos en geplunder. Die sekuriteit is egter 'n groot voordeel."