Verified Reviews
Fouriesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Fouriesburg
Rated 4 out of 5 based on 402 reviews.
"Die paaie in die dorp is nie goed nie. Slaggate so groot soos damme. Kan gerus die paaie opskerp in die dorp."
"Baie klein dorpie met 'n vreeslike rustige atmosfeer en pragtige natuurskoon in die omgewing. Paar baie lekker restaurante en 'n perfekte deurgang na Lesotho se winteravontuur."
"Daar is nie veel in Fouriesburg vir toeriste nie, toeriste gaan Clarens toe vir aktiwiteite. Fouriesburg dien die doel vir 'n vakansie om te gaan rus - om so min as moontlik vir so lank as moontlik te doen."
"What a little gem of a town. Loads of history and beautiful scenery and the most amazing people. Prices are so good and close proximity of so much to do."
"'n Plattelandse dorpie met vriendelike mense en 'n verskeidenheid van doendinge vir die hele gesin."
"The town is not great, but we went to Destiny's Castle which was wonderful."
"'n Pragtige dorpie met vriendelike inwoners en heerlike restaurante en winkeltjies om jou tyd te verwyl."
"Fouriesburg self is nie watwonders nie, maar in die omgewing is daar interessante goed en Clarens het baie aktiwiteite wat lekker en interessant was."
"Die pad van Bethlehem na Fouriesburg is met tye great en met ander tye baie baie sleg. Dit is bietjie sleg om die pad in die aand te ry."
"A sleepy, small town with nice restaurants and shops. Shoutout to Jenlee's for a lovely breakfast."
"Love Fouriesburg. Did a stunning hike up the mountain and through sandstone caves and water tunnels. Nice restaurants in town."
"Fouriesburg is 'n pragtige omgewing, maar daar is nie regtig 'n winkel waar 'm mens die nodige kan aanskaf nie. Ons het gevlieg tot in Bloenfontein en met 'n gehuurde moter gery en kon nie iets te ete saamneem nie. Daar was restaurante en toeristewinkels, maar net klein kafees waar jy nie regtig kos kon koop nie. Die pad is net 'n nagmerrie met al die slaggate - ons is nie daaraan gewoond in die Kaap nie. Dit doen afbreek aan die besoek en 'n mens kan nie die omgewing geniet as jy die heeltyd vir slaggate moet uitkyk nie. "
"Pad tussen Bethlehem en Fouriesburg is in baie slegte toestand. Ry eerder Clarens om. Bring jou eie goed, want daar is nie n supermark in die dorp nie."
"Jackal's Hill se kaas in Reitzstraat is 'n besoek werd. Heerlikste kaas en kouevleisplatters."