Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 8234 reviews.
"Slegter paaie is daar seker nie in SA nie. Een van die dae is Bethlehem net vir 4x4 voertuie."
"Bethlehem is die perfekte balans tussen besige stad en plaasdorp. Alles wat jy nodig het, is naby en dit is rustig genoeg as jy net bietjie jou skoene wil uitskop."
"Small, clean place and very safe. There is good security in the area and many fun things to do in and around and will recommend it to anyone. The people of the town are quite friendly too."
"Uitstekend kan nie vir 'n meer wonderlike tyd en ontspanningsplekkie gevra het nie."
"As inkopies doen en uiteetplekke probeer jou ding is dan sal Clarens jou verwelkom. As jy druk verkeer en 'n gesoek na parkeerplek verpes gaan Clarens jou aanvanklik skok, want die plek is besig. Vir my persoonlik is Clarens meer 'n naweekwegbreek as 'n langer vakansieplek. As jy van stap hou gaan jy in die wolke wees oor al die wandelpaaie. Daar is ook 'n rystoelvriendelike staproete."
"Die paaie in die dorp is nie goed nie. Slaggate so groot soos damme. Kan gerus die paaie opskerp in die dorp."
"Ons was oorweldig deur die mense op straat wat parkering aangedui het en voel dat dit meer gereguleer moet word. 'n Mens het iewat onveilig gevoel want hulle is in jou gesig die heeltyd. Clarens was nog altyd 'n bekoorlike plek maar die volume mense en gepaardgaande chaos maak afbreuk aan die gevoel."
"Shopping experience not what it used to be years ago but still a great place for a weekend."
"Clarens het ongelooflik baie klein winkels. Dit wil ook voorkom asof die dorp baie veilig is ten opsigte van misdaad. Baie min hoë mure ens."
"Jammer dat mens nie kan sien hoe items wat verkoop word, gemaak word nie."
"Frankfort is gerieflik vir Johannesburgers vir oorslaap oppad iewers heen vir die naweek - dan kom 'n mens darem 'n ent weg Vrydag na werk."