Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
"Dit was baie rustig tydens ons verblyf. Die waterwurm wat verwyder word was 'n telleurstelling, maar ek hoor daar is baie nuwe planne so ek hoop om aangenaam verras te word. Die warmbad was beslis een van ons hoogtepunte!"
Mossel Bay Central, Garden Route
Edward Charles Manor"Dit is aangenaam om tydens seisoen tyd in Mosselbaai te kuier, lekker besig en sentraal as jy wil ry."
"Sedgefield is a nice town. If one has wheels one can go out of the town. There is only so much to do in Sedgefield. Bring a canoe and bike. Nice beaches to walk along."
"Lieflik! Die kerk is fantasties! Die Kangogrotte was so 'n spesiale ervaring vir ons tieners! Wens ons kon langer bly!"
"Hartenbos is vakansie-vriendelik en die moeite wat gedoen word om dit mooi te maak is opvallend. Dit is prakties en maklik vir besoekers om die mooiheid van die strand en omgewing te geniet."
"Knysna toerisme (Braam) was baie behulpsaam met uitstekende rintingwysers."
"Buiten vir Nuwejaarsverstoringe en oorstrominge van besoekers op Wildernis-meer, wat nie inwoners of vakansiegangers insluit nie en sodoende veroorsaak dat winkels en restaurante sluit op 31 Jan, is dit voorts 'n plesier in Januarie om daar vakansie te hou. Heerlike warm seewater, nabygelee winkels, uitstekende restaurante en kos, asook stapafstand van strande, die Wildernis-meer, kanovaarte ens. "
"Very nice town with friendly people. Fantastic food at Brian's Grill and of course there was the Cango Caves we visited. There is so much to do in this town. I will most certainly be back."
"Een van die mooiste plekke, pragtige strande en maklik bereikbaar. Die lagoon lekker veilig en vlak by tye, lekker speelplek vir die kinders. Die dorp het pragtige winkelsentrums en is skoon en baie veilig."