Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 15868 reviews.
"Oudtshoorn is vol verrassings. 'n Dagrit deur die Swartbergpas en Meiringspoort is 'n moet om die mooi omgewing en nabygeleë dorpe van Prins Albert en De Rust te verken."
"Oudtshoorn was fantasties, dit was ons eerste besoek aan die KKNK en dit was 'n baie aangename atmosfeer. Al die mense was baie vriendelik. Dis baie skoon en netjies en al die fasiliteite is in baie goeie kondisie. Ek sal beslis terugkeer. "
"Baie mooi plek. Ons het dit gekies omdat dit naby Oudtshoorn is, met die volstruisplase en die Kango-grotte."
"KKNK maak van Oudtshoorn beslis 'n heerlike plek om te kuier. Die dorp is ongelooflik skoon, al is daar soveel toeriste wat die strate oorneem. 'n Ware juweel!"
"Die enigste probleem met Oudtshoorn is die straatkinders wat om elke hoek sit en bedel. Veral in die donker hoekies in die aande."
"Rustige omgewing vir die wat nie gedurig vermaak en aksie soek nie. Pragtige omgewing met baie plant- en voëlsoorte."
"Altyd iets om te doen en te sien in die Tuinroete en daar is baie besienswaardighede naby."
"Baie oulike plekke naby Plett. Knysna is ook binne 'n halfuur se ry en daar is baie lekker eetplekke en winkels in Plet. Die hoofstrand was skoon en naby met goeie veiligheid."
"Dit is 'n pragtige omgewing met pragtige natuurskoon en baie om te sien en doen."
"Was al baie daar en dit bly maar 'n lekker plek om te besoek. Eerste keer wat ons KKNK besoek het. Dit was ook lekker."
"Knysna is in 'n pragtige omgewing met baie om te doen. Die gasheer het 'n goeie restaurant aanbeveel vir aandete."
"Vloei van verkeer by winkels is ietwat van probleem. Veral wanneer jy nie die winkels wil besoek nie, maar net verbyry na die brug se kant. "
"Ons het baie negatiewe gevoel gekry oor troeteldiere. Ons het 2 klein hondjies saam met ons gehad en oral was bordjies op dat honde nie toegelaat word nie. Ons bly in Kaapstad en hier ervaar ons nie dieselfde negatiwiteit teenoor troeteldiere nie."